Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieGoGetter #DieBrug_Marna

Die Go-Getter

Marna Grobler (53) is van Roodepoort in Johannesburg en ’n geleentheidsbeplanner en driekamp-atleet. Sy is die go-getter. “Mense sal my sien en my tannie noem. Kyk ek het ’n kleintjie dood daaraan. Moenie my tannie nie noem nie. Hierdie is nie ’n tannie nie. Ek is ’n go-getter. My ouderdom gaan jou verras.”


Marna is ’n natuurlike leier. Sy is stiptelik, gemotiveerd, geduldig, gelukkig getroud en het ’n suksesvolle onderneming. ’n Gesonde leefstyl is vir haar belangrik, en sy het ’n groen Comrades-nommer en is altyd reg om nuwe dinge aan te pak – of dit nou Die brug of ’n waaghalsige zipline-toer is. Sy het laat in haar lewe besef waartoe sy eintlik in staat is. Nou wil sy opmaak vir verlore tyd en geniet elke oomblik daarvan. Marna gee baie van haar vrye tyd vir liefdadigheid, en haar motiveringsblog is daar om mense te inspireer. Marna wil met haar deelname aan Die brug wys dat die lewe nie stop ná 50 nie; dat almal dit in hulle het om doelwitte te stel en te bereik – maak nie saak hoe oud jy is, wie jy is of waar jy vandaan kom nie.

Die brug William Walters
Die brug Tina Linder
DIe brug Marna Grobler