Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieSterkEen #DieBrug_Robert

Die Sterk Een

Robert Kruger (34) is van Midstream, Midrand, en is ’n voormalige professionele rugbyspeler. Hy is bekend as die sterk een. “Ek sou graag beter wou voorberei het vir die lewe ná rugby en vind myself in ’n posisie waar ek klaar is met rugby, maar nie weet hoe om vorentoe te gaan nie. My hele lewe het ek nog net rugby geken.”


Robert het onlangs afgetree ná ’n baie suksesvolle loopbaan as professionele rugbyspeler. Hy het plaaslik vir die Lions en die Leopards uitgedraf en het ook in Japan klubrugby gespeel. Robert is ’n natuurlike leier en is gemaklik om saam met mense in ’n span te werk. Hy geniet dit om vis te vang, perd te ry en te jag. Robert is gelukkig getroud en het twee kinders. Hy wil ’n goeie man vir sy vrou wees en ’n pa waarna sy kinders kan opkyk. In die spel van Die brug wil hy sy integriteit behou. Hy is nie bereid om iemand in te loop om voor te kom nie en glo jy is net ’n waardige wenner as jy nie jou waardes verraai nie. Rob wil oor Die brug loop om te wen, maar hy wil ook die emosionele reis ten volle benut en ’n weergawe van homself ontdek wat meer teenwoordig in sy lewe is.

Die brug Nonnie Geldenhuys
Die brug Jacques Broodryk
Die brug Robert Kruger