Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieStaatmaker #DieBrug_Nonnie

Die Staatmaker

‘Nonnie’ Geldenhuys (56) is van Hopefield in die Wes-Kaap en is mede-eienaar van ’n padstal. Sy is die staatmaker in die groep. “Moenie steel of vat nie. Nie mense se vreugde nie, nie mense se goed nie, nie mense se drome nie, nie mense se ideale nie of mense se goedheid nie.”


Nonnie bestuur ’n klein dieretuin en kwekery by die padstal, Plaasmol, in Hopefield. Haar regte naam is Barbara, maar sy verkies haar noemnaam Nonnie omdat dit model, mooi werker, prinses, skoonmaker en koningin beteken. Sy dra altyd haar kopdoek en stapskoene. Nonnie is ’n diep denker met ’n oop hart; iemand wat ’n mens maklik kan vertrou. Sy het ’n stoute kant, en sy is lief vir gesels. Sy sit haar medemens eerste en sal liewer ander motiveer en ondersteun as om self die aandag te trek. Sy het laat in haar lewe getrou met ’n man wat 16 jaar ouer is as sy. Die man het twee kinders, en sy dogter het ’n seuntjie wat van Nonnie ’n ouma maak. Sy sal altyd ’n kind in haar hart bly, en sy wens sy het die selfvertroue gehad om meer kanse te waag om sodoende meer sukses te behaal.
Nonnie se pragtige diere en plante is wat haar geluk in die lewe bring. Ná ’n moeilike pad om te kom waar sy vandag is, soek sy ’n lisensie om haarself ten volle te geniet sonder twyfel oor wat môre mag bring. Haar deelname aan Die brug is haar grootste uitdaging nog en om die prys te wen is haar doelwit.

Die brug Melanie Koegelenberg
Die brug Robert Kruger
Die brug Nonnie Geldenhuys