Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieReëlmaker #DieBrug_Larry

Die Reëlmaker

Larry Alcock (57) is van Edenburg in Johannesburg en doen personeelopleiding. Hy is die reëlmaker en glo: “Wat jy uitdeel, is wat jy gaan terugkry. Glo my, karma is real ...”


Larry het ’n blymoedige hart, ’n lus vir die lewe wat nie geblus kan word nie, en is die hart van ’n partytjie. Hy is oorspronklik van Namibië en is die trotse pa van twee seuns wat hom baie genot verskaf. Hy het ’n baie groot avontuurlus, beskryf homself as ’n late bloomer en glo hy het meer energie as wat sy liggaam soms kan hanteer. Hy het op die rype ouderdom van 52 sy draftekkies aangetrek en is nou verslaaf aan sy nuwe stokperdjie. In sy skoendoos vol medaljes is nege Pride & Joys, twee Comrades Back-2-Backs, twee Two Oceans, drie Om-die-dam-ultramarathons en ’n Berlyn-marathon. Sy ander groot liefdes is kosmaak, klavier en kitaar speel, 4x4 en stap. Hy het al die Otter-, Visrivier-, Amatola- en die Inka-staproete in Peru voltooi. Larry kom goed oor die weg met die meeste mense; glo almal het ’n positiewe bydrae om te maak; is nie bang vir werk nie en hou daarvan om buite sy gemaksones grense te verskuif. Hy het binne twee maande leer swem toe hy hoor hy is vir Die brug aanvaar. Larry weet op sy ouderdom dat die lewe te kort is om ongelukkig te wees en verkwis nie sy energie op negatiwiteit nie. Die brug kom op ’n tyd in sy lewe waar hy perspektief nodig het. Hy is opgewonde oor wat aan die anderkant van Die brug vir hom wag.
 

Die brug Geo Botha
Die brug Sam Marais
Die brug Larry Alcock