Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieSkoenlapper #DieBrug_Sam

Die Skoenlapper

Sam Marais (32) is van St. James in Kaapstad en ’n joga-instrukteur. Hy is die sosiale vlinder in die groep. “Elke keer wanneer ek dink ek weet wie ek is, ontdek ek nog iets en al is dit moeilik, is dit ook nogal mooi. My grootste vrees is om eendag niks te bereik het met my lewe nie.”


Sam se spesialiteit as joga-instrukteur is sogenaamde naked yoga. Hy hou van branderplankry, lees en stap saam met sy hond, Spock. Hy beskryf homself as kalm, soekend en avontuurlustig – ’n skoenlapper wat bly verander. Sam is oorspronklik van Oudtshoorn en het grootgeword op ’n plaas. Hy wou altyd stad toe trek en het vandat hy in Kaapstad woon, al vele hoede gedra. Hy het musiekteater studeer en deelgeneem aan die Cape Town Drag Scene van 2013 tot 2019. Ná hy harde klippe gekou het in sy twintigs, is hy nou reg om sy ware self te word en mense deur joga te help om ook hul eie self te vind. Sam wil oor Die brug loop om sy drome van ’n alternatiewe leefstyl vir hom en Spock te bewaarheid. Die feit dat hy homself beter kan leer ken in die proses, is ’n bonus.

Die brug Larry Alcock
Die brug Melanie Koegelenberg
Die brug Sam Marais