Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieOogappel #DieBrug_Geo

Die Oogappel

Geo Botha (35) is ’n welvaartbestuurder van Stellenbosch. In Die brug word hy gesien as die oogappel. “Ek wil nooit in my lewe spyt wees oor iets wat ek nié gedoen het nie en lewe voluit. Daarom het ek al Mnr. Suid-Afrika aangepak en aan Ysterman-kompetisies deelgeneem. Ek het laas jaar ook ’n televisiereeks oor finansiële bestuur aangebied en het onlangs ’n boek saam met my broer gepubliseer.”


Geo is ’n suksesvolle welvaartbestuurder wat in Stellenbosch woon. Hy is n familieman wat getroud is met Vicky, ’n Suid-Afrikaanse driekamp-atleet, en hulle het ’n eenjarige seuntjie. Hy is doelgerig, ambisieus en altyd op soek na geleenthede wat hom as persoon uitdaag en verbeter. Hy geniet dit om aktief te wees en lees graag biografieë en boeke oor finansies. Lekker kos en goeie wyn is deel van sy daaglikse roetine. Sy positiewe gesindheid teenoor die lewe het begin nadat sy suster op 13-jarige ouderdom in ’n motorongeluk was en sy sedertdien in ’n rolstoel is. Hy glo ’n mens is nie in beheer van wat met jou gebeur nie, maar hoe jy daarop reageer. Geo wil eerste oor Die brug loop – nie net vir die geld nie, maar om vir homself en ander te bewys enige iets is moontlik. Hy wil as die wenner wegstap omdat hy die slimste spel gespeel het en die beste uit die ander spelers uitgehaal het en daarom die prysgeld verdien.

Die brug Avril Albetti
Die brug Larry Alcock
Die brug Geo Botha