Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieLiefling #DieBrug_Avril

Die Liefling

Avril Albetti (38) is van Sandton, Johannesburg, en is die eienaar van ’n modelagentskap en ’n sosialemedia-persoonlikheid. Sy staan in Die brug as die liefling bekend. “Ek is spicy by nature en sal nie juis iemand aanraai om my te probeer aanvat nie.”


Avril kom van Loerie, ’n klein dorpie in die Oos-Kaap. Sy het haar drome gevolg en ’n model geword en besit ook nou haar eie modelagentskap. Tydens haar reise in Italië het sy haar man ontmoet. Hulle is 16 jaar getroud en is die ouers van twee kinders. Avril is nie net mode, grimering en hoëhakskoene nie – sy is vol verrassings en ’n staatmaker wat weet hoe om vir haarself en haar medemens te sorg. Avril het 170 000 volgelinge op TikTok en sy gebruik haar sosiale media om jong meisies te motiveer om te droom. Sy besef haar lewe, soos wat sy dit nou leef, is ’n gelukskoot wat steeds elke dag harde werk vereis, en sy glo daar is nog baie wat sy kan bereik. Avril het ’n groot hart, en sy wil Die brug wen om meer geleenthede vir jong kinders van haar geboortedorp, Loerie, te skep. Sy wil ook haarself sien groei en haar beste buite haar gemaksone lewer.

Die brug Tina Linder
Die brug Geo Botha
Die brug Avril Albetti