Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieHartsmens #DieBrug_Tina

Die Hartsmens

Tina Linder (45) is van Pretoria en doen verkope by ’n privaat ekwiteite-maatskappy. Sy is die hartsmens. “Daar is baie dinge waaroor ek spyt is. Die lewe het my al ’n paar snotklappe gegee, en ek het soms goed verkeerd hanteer as gevolg van my emosies. Maar mens tree op soos wat jy optree in die oomblik.”


Tina is al ses jaar lank ’n weduwee wat drie tieners alleen grootmaak. Haar lewe is ’n gejaag tussen werk, omsien na haar kinders en draf in die middae. Sy geniet dit om langs ’n vuur te sit en te gesels. Sy leef elke oomblik om geluk in eenvoud te vind, wat beteken dat sy meeste van die tyd gelukkig voel. Tina besef sy moet kompeteer vir die wengeld en dat dit waarskynlik haar fisiese krag en uithouvermoë sal toets. Sy is klein maar fiks en gaan alles gee. Sy dink nie daar is enigiets in die lewe wat genoeg sal wees om jou integriteit voor in te boet nie, en dit is hoe sy die uitdaging gaan aanpak. Tina wil Die brug wen, want hierdie geleentheid bied haar ’n kans om iets vir haarself te doen en dit goed te doen. In haar kop het sy reeds die geld uitgegee. Haar grootste motivering is om haar drie kinders universiteit toe te kan stuur.

DIe brug Marna Grobler
Die brug Avril Albetti
Die brug Tina Linder