Logo
Die brug S1 Slim BB

“Die brug”- spelers bieg hoe hulle konflik hanteer

Nuus
10 November 2023
Hoe hanteer die spelers op “Die brug” ‘n konflik situasie?
Die brug

Byt jy op jou tong en luister jy eers voordat jy jou antwoord gee, of is jy die tipe persoon wat nie op jou mond geval het nie? Ons vind uit by Die Brug-spelers hoe hulle konflik hanteer.

 

Jamie Le Roe

Ek centre myself deur kalm te raak en te luister na wat die misverstand is of om te hoor wat ten opsigte van die konflik gekommunikeer word.

 

Iana Strydom

Gewoonlik raak ek stil, dan dink ek oor die situasie. Nadat ek oor die situasie gedink het sal ek met die persoon gaan praat oor wat my pla sodat ons die probleem vinnig kan oplos.

 

Marna Grobler

Ek neem gevoelens uit die situasie, luister en bly kalm.

 

William Walters

Ek hanteer dit goed. Ek's altyd die een wat alles onder orde kry. Ek kan myself in ander se skoene sit en verstaan.

 

Robert Kruger

Praat dit uit, of vermy dit.

 

Sam Marais

My natuurlike impuls is om myself te defend, maar ek probeer om eers vrae te vra sodat ek seker is ek verstaan die ander persoon en partykeer deur die vrae verstaan, verstaan die ander persoon my ook beter.

 

Nonnie Geldenhuys

Ek probeer regtig om te verstaan, opbouend te wees en perspektief te bring, maar soms loop ek net weg om my gedagtes in order te kry en besluit dan of dit die moeite werd is.

 

Tina Linder

Ek bly stil.

 

Geo Botha

Waar moontlik reageer ek nie dadelik nie. ‘n Mens reageer dan op emosie en dit gaan heel moontlik die situasie vererger. Sodra die situasie bedaar het, sal ek die konflik direk aanspreek deur te fokus wat gebeur het en nie deur die persoon self te oordeel nie, maar die daad.

 

Larry Alcock

Op ‘n kalm manier. Mense wat op mekaar gil en vieslik is los nooit die konflik tussen hulle op nie.

 

Avril Albetti

Ek probeer altyd weg bly van onnodige stryery maar as dit iets belangrik is sal hulle beslis weet hoe ek regtig voel. Ek verkies om my energie te behou vir belangriker.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir Die brug en gesels saam op Facebook, X, Instagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.