Logo
Die brug S1 Slim BB

“Die Brug” spelers onthul die grootste struikelblokke wat hulle al moes oorkom het

Nuus
09 November 2023
Van die spelers bieg dat die grootste stryd wat hulle moes bestry was om hulself te aanvaar vir wie hulle is.
Die brug

Watter tyd in die lewens van die spelers moes hulle die stukke optel en daarna net aangaan? Ons het gaan uitvind.

Jamie Le Roe

Om weer na vyf jaar oor te begin as ‘n enkellopende ouer van drie pragtige kinders.

 

Iana Strydom

Eish, daar is eintlik baie (lag)! Die grootste een was seker maar dat ek baie angs gehad het na ons ge-hijack is – ek was toe in graad 2.

 

Marna Grobler

Om myself te aanvaar vir wie en wat ek is.

 

William Walters

Rassisme: Om te bewys ek is tot meer in staat; om te bewys ek kan steeds lag en glimlag saam met my vyande.

 

Robert Kruger

My ma se afsterwe.

 

Sam Marais

Die grootste een is seker waaraan ek altyd sal werk: Om myself te aanvaar en lief te hê. Die probleem het my al in donker plekke gelaat soos verslawing, depressie en isolasie, en ek het deur al daai struikelblokke gewerk en dit oorleef. Ek’s baie dankbaar daarvoor.

 

Nonnie Geldenhuys

Ek dink die stryd binne my om die uiterlike struikelblokke te oorkom is, en bly, my grootste oorwinning.

 

Tina Linder

Om weer te leef nadat my man oorlede is, en sonder om skuldig te voel daaroor.

 

Geo Botha

My 20’s. Dis 'n baie onsekere tydperk vir enige jong man. Jy moet kies in watse beroep jy wil werk, heel moontlik 'n liefdesteleurstelling verwerk, jou ouers trots maak en 'n lewensmaat soek. Dit is ‘n baie onsekere en soekende tydperk.

 

Larry Alcock

To lace up and tackle 90km of running on 9 June 2019. For me running my first Comrades ultramarathon was a test of my mental strength more than a test of my physical ability.

 

Avril Albetti

Dit was toe ek kleiner was; dis ook meer van ‘n mental struikelblokkie: Ek het destyds gedink jy moet saam met al twee jou ouers groot word in een huis en kinders wat albei ouers het sal altyd beter doen, maar ek was verkeerd.

 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir Die brug en gesels saam op Facebook, X, Instagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.