Logo
Die brug S1 Slim BB

Spelers onthul wat hulle “guilty pleasures” is – Die brug

Nuus
30 November 2023
Die spelers vertel ook wie van hulle het slegs ‘n vuurtjie en ‘n kitaar nodig om te ontspan. En wat die ander doen “to let their hair down”.
Die brug guilty pleasures

Op Die brug sien kykers hoe die spelers ontspan onder die maanlig en sterre om ‘n vuurtjie saam met mekaar, en so nou en dan kom daar plesiertjies soos koffie bone of ‘n warmbad – as ‘n bederf.

Maar, wat doen die spelers agter-die-skerms wanneer hulle nie vir ‘n R1-miljoen prysgeld meeding nie? kykNET se digitale span vind hieroor uit en hoor ook wat elkeen van die spelers se “guilty pleasure” is.

Hoe ontspan jy na ‘n lang dag of week?

Jamie Le Roe: ‘n Lekker lang bad saam met ‘n goeie glas wyn.

Iana Strydom: Ek het lanklaas 'n af dag gehad, maar hoe ek gewoonlik sal ontspan is om te oefen, kitaar te speel; as dit warm is sal ek swem, buite te gaan stap of om Playstation te speel.

Melanie Koegelenberg: Ek hou van 'n Irish Coffee of 'n biertjie om mee te ontspan. En dan bevind ek myself gewoonlik voor my rekenaar.

William Walters: ‘n Braai by die see of by die huis met ‘n lekker brandewyn met die rugby in die agtergrond, saam met my familie en close vriende is vir my lekker ontspanning.

Robert Kruger: Saam met my gesin in die natuur.

Sam Marais: Ek cuddle saam met my hond en kyk ‘n storie soos Modern Family of Will and Grace.

Nonnie Geldenhuys: Om ‘n glasie wyn saam met manlief te drink!

Tina Linder: Steek 'n vuurtjie aan. Gooi 'n glas wyn. Gesels met my kids totdat hulle dik is vir my. 

Geo Botha: Gewoonlik sal ek eers ‘n mate van oefening doen om frustrasie uit te kry. Dan sal ek ‘n vuur  of die kaggel aansteek, rustige musiek aansit en ‘n glas wyn skink.

Jacques Broodryk: Met 'n vuurtjie en 'n kitaar.

Larry Alcock: Ek gaan hardloop, speel klavier of kitaar, praat snert met my twee katjies, maak kos... dis die goed wat my laat ontspan. Soos die Engelsman sê: "letting my hair down". 

Avril Albetti: Spa treatments en lang slapies.

Wat is jou gunsteling 'guilty pleasure'?

Jamie Le Roe: Sleeping late, Netflix, warm bed and hot chocolate = all combined.

Iana Strydom: Ek moes nou 'n paar voorbeelde gaan Google het, want ek kon nie aan een dink nie. Hier is twee wat ek nogals baie doen: Ek geniet dit om my kêrel se puisies uit te druk, hahaha; en om ontbyt vir aandete te eet.

Melanie Koegelenberg: Vodka en Red Bull.

William Walters: ‘n Lekker brandewyn met ‘n sigaret.

Robert Kruger: Strawberry milkshake

Sam Marais: Dit is seker ‘n series. Ek is nogal stout vir ‘n lekker storie op die TV.

Nonnie Geldenhuys: Om sommer net van werk weg te glip vir ‘n koffie êrens.

Tina Linder: Ek was nog altyd mal oor 'n sigaret. Maar het opgehou so nou vape ek. Ek eet graag in die middel van die nag  Eet-Sum-Mor koekies.

Geo Botha: Ek sal graag ‘n nuwe wynplaas gaan besoek, ‘n kaasbord eet en wyn proe. Lekker eet in die algemeen – dis ook motivering om gereeld te oefen.

Jacques Broodryk: Brandewyn en 'n sigaret.

Larry Alcock: Ek voel skuldig oor niks wat ek doen nie: I never self-prosecute me. 

Avril Albetti: Cadbury Whispers Chocolate balletjies.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir Die brug en gesels saam op Facebook, X, Instagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.