Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieVriendin #DieBrug_Jamie

Die Vriendin

Jamie le Roe (37) is van Swellendam en ’n bemarkingsassistent op ’n wynplaas. Sy is die vriendin. “Ek wil weer op my eie voete kan staan as ’n vrou en ’n ma en ’n inspirasie vir ander vroue wees wat dalk hulle lewens as mislukkings sien.”


Jamie is vrolik, vriendelik en ’n goeie vriendin. Sy is ’n enkelma wat drie kinders grootmaak met die hulp van haar eie geliefde moeder. Haar seun is 19, en sy het twee dogtertjies van vyf en sewe. Sy is baie lief vir kook en diere. In haar vrye tyd maak sy klei-juwele, en leer hierdie vaardigheid ook aan kinders en daarmee saam alles wat sy kan oor entrepreneurskap. Jamie is ’n gebalanseerde vrou wat vir haar medemens omgee. Haar sprankelende persoonlikheid maak dat enigiemand vinnig van haar hou. Jamie wil uit haar gemaksone en huidige omstandighede kom, en Die brug bied vir haar ’n geleentheid wat sy nie gaan laat verbyglip nie.

Die brug Jacques Broodryk
Die brug Arnold Bosman
Die brug Jamie le Roe