web uni tv guide
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur & Vlam

144Kookkompetisie13 L

Hantie Jansen (44), Windhoek

Wat is jou beroep? 
Ek besit ’n spysenieringsonderneming genaamd Sage by Hantie in Windhoek, Namibië.
 
Hoekom het jy vir Kokkedoor Vuur & Vlam ingeskryf?
’n Vriendin het my aangemoedig, en toe dink ek by myself: Hoekom nie? Ek wou kyk of ek iets sal regkry – iets wat heeltemal buite my gemaksone is.
 
Hoe sal jy jouself beskryf? 

Ek is mensgedrewe. Ek herlaai en ontlaai by mense. Ek leer by mense, en ek gee om vir mense. Daar is min dinge wat my gelukkiger maak as ’n tafel vol mense onder my dak, en as ek vir hulle kan kos gee, is dit die kersie op die koek. 

Dan is dit ook weer heerlik om die deur agter hulle toe te maak en op my gesin en familie te fokus. Hulle dryf my om elke dag die beste weergawe van myself te wees. 

Iets interessants oor jou?  
Iets waarop ek besonder trots is, is dat ek al die voorreg gehad het om vir baie staatshoofde te kon kosmaak, onder andere, Nelson Mandela.
 
Wat is jou lewensmotto? 
Get up and go! En pull yourself towards yourself. 

Wat het jy van jouself tydens jou deelname aan Kokkedoor Vuur & Vlam geleer?
Wie nie waag nie wen nie. Jy is nooit te oud, te besig óf te gevestig om ’n nuwe uitdaging aan te durf nie. Doen dit net! 

Ek het ook geleer dat ek regtig bevoorreg is – nie omdat ek my teen ander opgeweeg het nie, maar omdat ek besef het dat ek dit wat ek het, party dae net nie meer raakgesien het nie. 

Jou nommereen-braaiwenk?
Moet nooit die hitte van jou vuur onderskat nie. Sorg altyd vir ’n ekstra vuurtjie of kole aan die kant. 
 

Kokkedoor S4 Francois de Wet
Kokkedoor S4 Jan Grobbelaar
Kokkedoor_Vuur&Vlam_Hantie_Jansen_1600x900