
Wat is jou beroep?
Produksie-adviseur in die mynbedryf.
Hoekom het jy vir Kokkedoor Vuur & Vlam ingeskryf?
Ek hou van ’n uitdaging.
Hoe sal jy jouself beskryf?
Ek is ’n aanhouer wat nie maklik opgee nie en ’n sukses van alles probeer maak. My dryf in die lewe is om altyd te verbeter en te leer, want niemand weet als nie. Ek luister na ander en help waar ek kan.
Iets interessants oor jou?
Ek hou baie van die see. Rubber duck-ry is een van my passies, asook visvang en dan natuurlik ’n 4x4-uitdaging hier en daar.
Wat het jy van jouself tydens jou deelname aan Kokkedoor Vuur & Vlam geleer?
’n Mens weet net wat jy weet, en nie altyd wat jy dink jy weet nie.
Jou nommereen-braaiwenk?
Bly by wat jy ken, en as jy weet dit werk, stick with it.