Logo

Viëtnamese koffiekoek – Net koffie

08 Mei

4

Heerlike Viëtnamese koffiekoek: probeer gerus dié Net koffie-resep self. 

Net koffie Vietamese koek
Bestanddele

210 g koekmeel

105 g meel volgraan

1 t bakpoeier

1 t koeksoda

3 e koffie gemaal

1/2 t kardemon gemaal

1/2 t sout

90 g wit suiker

210 g bruin suiker

113 g botter ongesout, by kamertemperatuur

285 g gewone jogurt volroom

1/2 t vanielje-ekstrak

2 eiers

395 g kondensmelk

3 e koffie

1 e botter ongesout

1/4 k room

Metode
  1. Voorverhit jou oond teen 180 °C. Smeer en voer die bodem van ’n 25 cm ronde koekpan uit.
  2. In jou menger se bak, meng die botter en albei suikers vir ongeveer drie tot vyf minute, of tot baie lig en donsig. Voeg die eiers een op n slag by, meng baie goed tussen elke byvoeging.
  3. Meng intussen die gemaalde koffie saam met die jogurt totdat dit ietwat opgelos is. In n ander bak, klits beide die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en gemaalde kardemom saam. Plaas eenkant.
  4. Voeg die helfte van jou droë bestanddele by die botter, op lae spoed, en meng. Voeg dan die helfte van die jogurt by, meng, dan die oorblywende meel en jogurt saam, en meng goed. Hierdie proses verseker dat jou beslag nie klonte maak nie. Gooi dit in die voorbereide pan en bak dit vir ongeveer 30 tot 35 minute, of totdat ’n tandestokkie, wat in die middel gesteek is, skoon uitkom.
  5. Terwyl die koek afkoel, maak die boonste laag. Meng die kondensmelk, die koffie en een eetlepel botter in ’n kastrol op medium-lae hitte, hou aan om dit met ’n houtlepel te meng totdat dit verdik en soortvan afdop van onder af. Skakel dan die hitte af. Jy kan dit so los, maar Henriëtte voeg ’n bietjie swaar room by om dit meer los te maak – maar dit is regtig jou keuse.
  6. Gooi die mengsel bo-oor die koek en sit dit voor.

 

 

Mint Koek – Net Koffie
Net Koffie – Poster
31 October 2021

Koffie en Mint Koek

Gewildste Resepte