Logo

Paasbolletjies – Tiaan proe

12 April

5

In ’n episode van Tiaan proe het sjef Tiaan Langenegger brioche hot cross buns met vinnige pan-konfyt en gerasperde kaas voorberei. Hier is sy resep.

Tiaan proe
Bestanddele

2 k melk louwarm

1 k suiker

1 sakkie kitsgis

6 eiers groot

1 t vanielje-ekstrak

6 k meel plus ekstra om mee te bestrooi

1 t Five Spice

1 t kaneel

1/2 k vrugtekoek-mengsel

200 g botter koud en in blokkies gesny

heuning vir bo-op

bietjie meel en water in ’n pasta gemeng vir die X bo-op

Metode
  1. Kombineer die melk, gis, suiker, eiers en vanilla saam in beker.
  2. Plaas die meel, speserye en vrugtekoek-mengsel in menger. Voeg 3/4 van die nat mengsel by die meel en verwerk met die deeghaak.
  3. Voeg die res bietjie vir bietjie by tot ’n elastiese deeg vorm. Verwerk in die menger tot die deeg mooi glad raak.
  4. Voeg die botter bietjie vir bietjie by totdat alles in die deeg ingewerk is.
  5. Plaas die deeg in ’n bak om te rys tot verdubbel in volume.
  6. Keer dan uit op meel-bestrooide oppervlak en verdeel in balletjies.
  7. Plaas op bakplaat met spasies tussenin om plek te laat vir rys – laat sowat 20 minute rys of tot die balletjies weer in grootte verdubbel het.
  8. Spuit die kruise op die balletjies met ’n versierspuit en bak in ’n voorverhitte oond teen 160 °C tot ligbruin en gaar.
  9. Verf die warm balletjies met heuning en laat effens afkoel.

WENK: Dit kan bedien word met ’n vinnige vrugte konfyt (enige vrugte wat in April in seisoen is in ’n pan met bietjie water en suiker gestoof, of selfs gevriede bessies – amper soos ’n compote). Dit kan ook bedien word met kankonfyt en bietjie gerasperde kaas.

Tiaan Proe
Mac-en-kaas – Tiaan proe
5 April 2022

Mac-en-kaas – Tiaan proe

Gewildste Resepte