Logo

Nix se pronkkoek met pompelostroop, lemoensmeer en Salticrax-meringue

30 Mei

Gebak

4

Nix het voorwaar buite die boks gedink met haar tweelaag-koek van 20 cm. 

Koekedoortjie_Nix koek
Bestanddele

Koek

500 ml suiker

4 eiers

625 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

2,5 ml sout

250 ml melk

175 ml sonneblomolie

geurmiddel van keuse

5 kardamompeule

Lemoensmeer (curd)

250 ml lemoensap

250 ml suiker

125 ml gesmelte botter

2 groot eiers

Meringue

200 g Salticrax

200 g neute

3 - 4 eierwitte

250 ml strooisuiker

1 t vanieljegeursel

Pomelostroop

250 ml suiker

125 ml heuning

250 ml water

1 groot pomelo (of sitrus van keuse)

Versiersel

250 g crème fraiche  

500 - 750 ml versiersuiker

Versuikerde skil

2 bloedlemoenskille (of sitrus van keuse, in dun skyfies gesny)

60 ml lemoensap

60 ml water

200 ml suiker

Metode

1. Smeer twee losboom-koekpanne. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Kneus die kardamompeule en voeg dit by die melk. Verhit die melk oor lae hitte tot net voor dit kook. Laat afkoel en gooi deur ’n sif.
3. Klits die eiers en die suiker saam in ’n mengbak totdat dit mooi dik en liggeel word.
4. In ’n aparte bak, sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
5. Voeg die olie en die melk asook die meelmengsel by die eiermengsel en klits vir 1 minuut.
6. Verdeel die beslag gelyk tussen die twee koekpanne en bak vir 35 - 40 minute. Haal uit die oond en laat afkoel. Let wel: Jy gaan die koek vir 10 minute laat staan en dan die stroop oorgooi.
7. Verlaag temperatuur tot 170 °C vir die meringues.

Terwyl koek in die oond is: 

Pomelostroop

1. Druk die pomelo se sap uit (daar kan maar stukkies pomelo by wees).
2. Meng al die bestanddele. Kook oor matige hitte totdat suiker opgelos is en dit stroperig is.
3. Laat afkoel en gooi deur ‘n sif.

Versuikerde skil
1. Verhit water, sap en suiker tot suiker opgelos is.
2. Voeg skil by en kook oor lae hitte vir 20 minute of tot stroperig.
3. Laat afkoel.

Meringue
1. Breek Salticrax in klein stukkies.  
2. Maak neute fyn, maar nie te fyn nie. 
3. Klits die eierwitte tot styf.
4. Voeg strooisuiker bietjie vir bietjie by en klits goed na elke byvoeging.
5. Voeg vanilla, Salticrax en neute by.
6. Gooi in ’n gesmeerde pan so groot soos die koekpan en bak teen 170 °C vir 30 - 35 minute.

Lemoensmeer
1. Meng al die bestanddele in ’n bak. Die inhoud moet nie meer as ’n kwart van die bak volmaak nie.
2. Mikrogolf een minuut op ’n slag, en roer tussenin, tot 3 minute verby is,
3. Van daar af, roer elke 30 sekondes tot die curd die agterkant van ’n lepel bedek (dit kan 4-8 minute neem).
4. Druk deur ’n sif en koel af.

Crème fraiche versiersel
1. Klits bestanddele saam tot glad. Voeg nog versiersuiker by indien nie styf genoeg. Verkoel in yskas.  Wanneer koek 10 minute uit die oond is, steek gaatjies met ‘n tandestokkie in en gooi die pomelostroop oor.  Jy hoef nie alles te gebruik nie, die koek moet klam wees, maar nie té sag nie. Laat koek verder afkoel.
2. Haal die meringue uit die oond en laat afkoel. 

Sit koek aanmekaar
1. Plaas die eerste laag koek op ’n koekbord. Smeer ‘n lagie lemoensmeer oor, dan ’n lagie versiersuiker.
2. Haal die meringue versigtig uit die oond en verkrummel in groterige stukke en strooi oor laag – hou ’n paar krummels vir bo-op die koek.  
3. Smeer dan weer lemoensmeer en crème fraiche versiersel oor die meringue-laag.
4. Plaas tweede laag koek bo-op.
5. Smeer versiersel rondom in ’n dun lagie vir ’n half-naakte voorkoms. Versier bo-op met versuikerde skil en orige meringue-krummels.

Koekedoortjie_Ep 7
Elsje-Mari se see-en-sand-plakkoekies
2018-05-16

Elsje-Mari se see-en-sand-plakkoekies

Gewildste Resepte