Logo

Knoffelbrood 2.0 – Tiaan proe

26 April

5

In ’n spesiale braai-episode van Tiaan proe het sjef Tiaan Langenegger dié heerlike knoffelbrood voorberei. Hier is sy resep.

Knoffelbrood Tiaan proe
Bestanddele

1 brood van jou keuse, maar Franse brood werk baie goed, of selfs ciabatta

8 huisies knoffel gerasper

50 g pietersielie gekap

sout na smaak

peper na smaak

Metode
  • Meng al die bestanddele, behalwe die brood, saam in ’n mengbak.
  • Sny skywe in die brood, maar maak seker dat jy nie heeltemal deur die brood sny nie.
  • Smeer nou die mengsel in die die gleuwe van die brood en draai die hele brood toe in foelie.
  • Bak oor louwarm kole tot alles lekker gesmelt het en die brood effens bruin is aan die buitekant.


 

Tiaan Proe
Mac-en-kaas – Tiaan proe
5 April 2022

Mac-en-kaas – Tiaan proe

Gewildste Resepte