Logo

Kaas-en-spinasie-quiche – Tiaan proe

27 Mei

5

In ’n episode van Tiaan proe het sjef Tiaan Langenegger dié heerlike quiche voorberei. Hier is sy resep.

Quiche Tiaan proe
Bestanddele

2 k kaas

1 k botter

1 k meel

500 ml room

1 pakkie baba-spinasie

2 wiele feta van jou keuse

sout na smaak

peper na smaak

Metode
  1. Meng al die bestandele goed saam en maak seker dat jy nie té veel hitte toepas gedurende die proses om die deeg te meng nie. Laat dit effens rus in die yskas. Rol dit dan uit en rol relatief dun uit op die bodem van ’n los bodem-koekpan.
     
  2. Sit die pan terug in die yksas om seker te maak dat die kors goed koud word. Stoom die spinasie totdat dit net gaar is. Voeg die res van die bestanddele by en meng baie goed saam. Geur na smaak.
     
  3. Skep die vulsel in die koue kors in en plaas dit op ’n bakplaat in ’n voorverhitte oond totdat dit net-net geset is. Laat dit nou rus. Bedien dan saam met ’n lekker groen slaai. Die quiche kan ook in die yskas hou vir sowat drie dae. Die quiche vries ook baie goed.
Tiaan proe bao buns
Bao buns – Tiaan proe
20 May 2022

Bao buns – Tiaan proe

Gewildste Resepte