Logo

Bao buns – Tiaan proe

20 Mei

4

Reguit vanuit Sjina! Probeer gerus sjef Tiaan se gestoomde rolletjies, oftewel bao buns – ook bekend as gestoomde rolletjies of steamed buns

Tiaan proe bao buns
Bestanddele

525 g meel (vir die deeg)

1 1/2 e suiker (vir die deeg)

1 pakkie gis (vir die deeg)

50 ml melk (vir die deeg)

1 e olie (vir die deeg)

1 e rysasyn (vir die deeg)

1 e bakpoeier (vir die deeg)

1 klein kool fyngesny

3 wortels fyngesny

1 handvol koljander vars en gekap

250 ml asyn (vir die groente)

50 g suiker (vir die groente)

sout (vir die groente) na smaak

peper na smaak (vir die groente)

1 pak bros vis

100 ml soja-sous (vir die sous)

50 ml heuning (vir die sous)

1 rissie vars (vir die sous)

1 knop gemmer vars en gerasper (vir die sous)

sout na smaak (vir die sous)

peper na smaak (vir die sous)

suiker na smaak (vir die sous)

Metode
  1. Voeg die soja-sous, heuning, vars rissie, gerasperde gemmer, suiker, sout en peper saam en kook dit af totdat ’n stroop vorm.

  2. Pekel nou die groente in die asyn-en-suiker-megsel en plaas eenkant.

Vir die bao bun

  1. Meng die nat bestanddele saam. Voeg die droë bestanddele by, maar hou die bakpoeier eenkant. Vorm nou ’n lekker elastiese deeg en laat die deeg rus vir sowat twee ure of totdat dit verdubbel in grootte.
     
  2. Besprinkel die deeg nou met bakpoeier bo-op en meng dit baie goed in.
     
  3. Vorm balletjies van die deeg (jy kan self besluit hoe groot) en laat dit effens rus. Vorm die balletjies in ovaal-vorms in jou hand, smeer met olie en vou om ’n sosatie stokkie. Skuif dit nou af om te verwyder vanaf die stokkie en laat dit weer rys op ’n stukkie gesmeerde bakpapier totdat dit verdubbel in grootte – dit neem sowat 15 minute.
     
  4. Verhit ’n stomer op hoë hitte en stoom jou buns vir sowat agt minute totdat dit gaar is.

Vir die vulsel:

  1. Maak die stukkies vis gaar in ’n lugbraaier.
     
  2. Voeg nou alles bymekaar: vou die bao bun oop en plaas ’n stukkie vis in dit. Nou kan jy so bietjie van die groente byvoeg vir tekstuur, en dan bedrup met die sous.
     
  3. Bedien dadelik.
Tiaan onthou
Geurige enchiladas – Tiaan proe
10 May 2022

Geurige enchiladas – Tiaan proe

Gewildste Resepte