Logo

Geurige enchiladas – Tiaan proe

10 Mei

5

In die jongste aflewering van Tiaan proe het sjef Tiaan Langenegger vir ons enchiladas met swartbone en 'n heerlike tamatiebasis voorgesit. Probeer dit gerus self. 

Tiaan onthou
Bestanddele

6 tortilla-wraps

1 ui medium

3 huisies knoffel

1 blikkies tamatie

1 pakkie tamatie-pasta

1 e suiker

sout na smaak

peper na smaak

2 blikkies swartbone (of bone van jou keuse)

Metode
  1. Begin deur die sous te maak: braai die ui in bietjie olie en geur met knoffel. Sodra alles goed gebraai is kan jy die tamatie byvoeg. Geur met die suiker en bietjie kruie, voeg nou die bone by en kook als goed deur.
  2. Vul nou die wraps met die vulsel. Pak dit nou in ’n oondvaste bak en bestrooi met die kaas, Bak dit in ’n voorverhitte oond tot al die kaas bo-op gesmelt, bros en bruin is.
  3. Bedien soos jy ’n lasagne sou bedien. 

 

Tiaan Proe
Mac-en-kaas – Tiaan proe
5 April 2022

Mac-en-kaas – Tiaan proe

Gewildste Resepte