Logo

Jogurt-gekrummelde visvingers – Tiaan proe

31 Mei

1

Hierdie is die fancy visvinger wat sy inspirasie gekry het by die boksie-weergawe wat alreeds gebruik is in ’n episode van Tiaan proe.

Tiaan proe visvingers
Bestanddele

1 pakkie stokvis (verkieslik ’hake medallions’) oornag ontdooi in die yskas

2 k jogurg verkieslik dik volroom

1 e paprika

kruie van jou keuse, gekap

die skil van 1 suurlemoen

broodkrummels van jou keuse (verkieslik ‘PANKO Crumbs’)

Metode
  • Voeg al die kruie en speserye by die jogurt, en meng baie goed saam. Sit die stukkies vis daarin en marineer vir sowat 15 minute maar oornag in die yskas, kan nie skade doen nie.
  • Gooi die krummels in ’n plat bak en sit die stukkies vis in die krummels. Rol lekker rond sodat die vis heeltemal bedek kan word.
  • Pak nou die vis op ’n gesmeerde bakplaat wat ook met bakpapier bedek is.
  • Bak in ’n baie warm voorverhitte oond teen 200 °C totdat dit bros en bruin is.
  • Maak seker jy laat die vis effens rus voordat jy dit bedien. Jy kan dit met ’n tuisgemaakte tartare-sous of net Mayonaise, of self tamatiesous, bedien.
Tiaan Proe
Mac-en-kaas – Tiaan proe
5 April 2022

Mac-en-kaas – Tiaan proe

Gewildste Resepte