Logo

Izelle se pynappel - en soetrissie hoendersosaties

Braai

4

Izelle se pynappel - en soetrissie hoendersosaties is ’n móét.

Kampkos_Izelle
Bestanddele

2 pynappels

2 soetrissies

2 rooi uie

2 t paprika

2 t Cayenne speserye

2 kg hoender

8 e heuning

1 t oreganum

sout en peper

250 ml water

15 ml olyfolie

Metode

1. Begin deur die hoender, pynappel, soetrissie en uie in groot stukke te sny; groot genoeg om op ’n sosatie te pas.
2. Ryg die sosaties in die volgende orde: hoender, ui, soetrissie, pynappel. Herhaal totdat sosaties vol is. Maak seker dat die sosatie eindig op ’n pynappelstukkie, sodat dit ’n ‘stoppertjie’ vorm.
3. Plaas die sosaties op die vuur (moet nog nie sout en peper nie).
4. Begin die marinade sousie te meng deur die paprika, Cayenne speserye, oreganum, heuning, olyfolie en water by mekaar te meng. Sout en peper na smaak. Roer deeglik.
5. Sodra die hoender gaar begin lyk (die vleis begin witter word), smeer die marinade oor die hele sosatie. Draai en herhaal, sodat alle kante van die sosatie lekker gegeur word.
6. Net voordat die sosaties gereed is, neem die pitte van die soetrissie en sprinkel dit oor die sosaties.

Groot-Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
8 May 2018

Mieliepaptert met sampioene