Logo

Hoenderlewer-patee – Tiaan proe

07 Junie

5

Probeer gerus dié winter-lekkerny, soos voorberei deur Tiaan Langenegger in ’n episode van Tiaan proe.

Tiaan proe Hoenderlewer
Bestanddele

3 takkies tiemie/roosmaryn

1 medium ui gekap

100 g botter

50 ml gin/brandewyn

sout na smaak

peper na smaak

300 g hoenderlewer

250 ml room

100 g botter (ekstra)

kruie van jou keuse

Metode
  1. Braai die ui in die botter met ’n bietjie olie. Voeg die kruie by en braai verder.
     
  2. Voeg nou die lewer by en braai verder.
     
  3. Nou is dit tyd vir die vlamme: gooi die gin by en vlambe. Geur met sout en peper.
     
  4. Gooi nou die room by en kook af. Verwerk dan totdat dit glad is.
     
  5. Voeg die beslag in ’n houer. Smelt nou die botter en braai die kruie in die botter. Giet dit bo oor die lewer en sit dit in die yskas om te stol.
Knoffelbrood Tiaan proe
Knoffelbrood 2.0 – Tiaan proe
26 April 2022

Knoffelbrood 2.0 – Tiaan proe

Gewildste Resepte