Logo

Hoender-en-droëvrugte-kebabs

09 September

4 Porsies

583653

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens Die GROOT Ontbyt hoender-en-droëvrugte-kebabs voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik.

Die-GROOT-Ontbyt-5-1
Bestanddele

1 suurlemoen

30 ml olyf- of avokado-olie

30 ml heuning

15 ml balsamiese asyn

10 ml korrelmosterd

sout

peper

4 - 6 hoenderborsfilette

kebabstokkies

gedroogte vrugte

Metode

 

  1. Meng sap en -skil, olie, heuning, asyn en mosterd saam en geur na smaak. Bedek filette met die marinade en marineer vir 20 minute in die yskas.
  2. Verhit 'n klein bietjie olyfolie oor matige hitte in 'n braaipan (AMC 24 cm Chef's Pan). Skep die filette uit die marinade en laat effens afdrup.
  3. Braai die filette weerskante tot goudbruin, maar nie gaar nie. Die heuning sal die filette vinnig laat verbruin, so moenie die hitte te hoog stel nie.
  4. Giet die orige marinade oor en prut met die deksel op oor lae hitte vir 5-7 minute tot net gaar en steeds sappig. Geur, indien nodig.
  5. Sny hoender in blokkies en ryg op kebabstokkies met die droëvrugte. Halveer vrugte of sny in repe as die stukke te groot is.

 

Wenk:

  1. Sit die hoenderfilette op koeskoes voor met 'n groente van jou keuse. Of roer 1 x 410 g-blik lensies by die hoender in die pan en verhit tot deurwarm. Sit warm voor.
  2. Roer 2,5-5 ml (½-1 t) kerriepoeier by die marinade en vervang die balsamiese asyn met appel-asyn vir 'n kerrie-marinade.

 


Geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, AMC Cookware, Cecilia's Farm en ATKV

 

ipp
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-09-09

Somerdrankie

Gewildste Resepte