Logo

Groentekerrie met bone

6 porsies

5

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, groentekerrie met bone opgetower. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 1 en is ideaal vir die kosblik. FOTO: Heleen Meyer

Groot Ontbyt_groentekerrie
Bestanddele

15 ml olyfolie of avokado-olie

1 ui (gekap)

2 knoffelhuisies (fyngedruk)

3 wortels (in blokkies gesny)

1-2 groen brandrissies (heel, opsioneel)

3 kerrieblare (opsioneel)

2,5 ml borrie

1 e kerriepoeier (of na smaak)

1 t masala (van jou keuse)

3 tamaties (in blokkies gesny)

2 Pink Lady® appels (met skil, in blokkies gesny)

1 eiervrug (in blokkies gesny)

125 ml water

2,5 ml sout

125 ml blomkoolblommetjies en groenboontjies (van elk)

1/4 koolkop (in repies gesny)

1 k gaar bone of geblikte bone (gedreineer)

suurlemoensap en swartpeper (na smaak)

Metode

1. Verhit olie oor matige hitte in ’n groot kastrol (’n AMC 24 cm high sal goed werk) en braai die ui, knoffel, wortels, brandrissies, kerrieblare en speserye. 
2. Voeg tamaties by en prut vir ’n paar minute. Roer appels, eiervrug, water en sout by.
3. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut met ’n deksel vir 15-20 minute.
4. Roer blomkool, groenboontjies, kool en bone by en prut vir nog 15-20 minute of tot die eiervrug sag is. Geur met suurlemoensap en swartpeper. 
5. Sit as maaltyd voor of laat afkoel en pak in ’n kosblik met vars avokado-blokkies. Hardgekookte eiers, in wiggies gesny, sal ook lekker saam met die kerriegeure wees.

Wenke:

1. Vervang die geblikte droëbone met enige ander bone van jou keuse.
2. Indien verkies, kan meer brandrissies of kerriepoeier bygevoeg word. Sit voor met gekapte vars koljanderblare.

 

 

Die GROOT Ontbyt Mieliebrood
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-05-08

Mieliebrood

Gewildste Resepte