Logo

Gougères (poffertjies) – Tiaan proe

03 Mei

4

In ’n episode van Tiaan proe het sjef Tiaan Langenegger gougères (poffertjies) voorberei. Hier is sy resep.

Tiaan proee
Bestanddele

1/2 k melk

1/2 k water

100 g botter

1 k meel

4 eiers

1 k kaas gerasper (wit cheddar)

sout na smaak

peper na smaak

neutmuskaat vars gemaal

1 houer roomkaas

vis-filette geposeer

20 g pietersielie

sout na smaak

peper na smaak

Metode
  1. Verhit die water, melk en die botter. Voeg die meel by met een slag. Roer goed saam en maak seker die mengsel is gaar.
  2. Voeg nou die eiers een vir een by. Maak seker die mengsel is nie te loperig nie.
  3. Voeg nou al die kaas by en meng baie goed deur.
  4. Spuit in balletjies op ’n bakplaat en bak teen 220 °C tot opgepof en gaar.
  5. Klits die roomkaas goed en geur die sout, peper en die pietersielie by. Gooi nou die vis by en verwerk goed.
  6. Maak seker die mengsel vorm ’n pasta. Spuit in die deeg-balletjies in en bedien as voorgereg.
    WENK: Jy kan altyd kaas by die mousse voeg om dit meer ryk te maak
Tiaan Proe
Mac-en-kaas – Tiaan proe
5 April 2022

Mac-en-kaas – Tiaan proe

Gewildste Resepte