Logo

Eerste lente – Nataniël. Erik. Wolf.

17 Oktober

Hoeveelhede net rofweg, pas aan volgens voorkeur.

Dis een van die heerlike, maklike resepte wat Nataniël uit Frankryk gestuur het. Probeer jy dit self en geniet dit!

Eerste lente resep
Bestanddele

180g groenboontjies, steeltjies verwyder

250g dun geelwortels of groter wortels, in repe gesny

5 eetlpl druiwepitolie

250g medium tot groot bruin sampioene, in repe gesny

ongeveer 250g 12 klein uitjies,

3/4 kp wyn

1/2 kp groente-aftreksel

200g vars ertjies

12 vars aspersies (ongeveer 150g), gewas en in derdes gesny

4 tot 6 artisjokharte (die soort in olie), in helftes gesny

seesout

grofgemaalde swartpeper

neutmuskaat

Metode

Plaas boontjies en geelwortelrepe in pot met kokende water, laat kook vir drie minute, dreineer en hou eenkant.

Verhit drie eetlepels druiwepitolie in pan en braai sampioene vir sewe minute, skep uit pan en hou eenkant.

Verhit twee eetlepels druiwepitolie in dieselfde pan en braai uie vir vyf minute.

Voeg wyn, 1/4 kp aftreksel, boontjies en wortels by, laat prut vir agt minute.

Voeg aspersies en ertjies asook res van aftreksel by, laat prut vir agt minute.

Voeg sampioene en artisjokke by, laat prut vir een minuut.

Geur liggies met sout, peper en neutmuskaat.

wildsvleis sosaties
Wildsvleis – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Wildsvleis – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte