Logo
Slim BB vjgt
web uni tv guide

Vat Jou Goed En Trek

144RealiteitPG

Vat jou goed en trek: Henck se wenke

Nuus
15 Julie 2022
Die kleurpalet maak ’n groot verskil in ’n vertrek, vertel Henck Corey. Hier is nog wenke.
home renovations

Henck Conrey, die aanbieder van Vat jou goed en trek en ’n dekorkenner, het in die tweede episode van die nuwe seisoen die eienaar in trane gehad met die nuwe voorkoms van haar huis. 

 

Wat was die eienaar, Bou, se opdrag aan jou? 

Sy het ingeskryf omdat sy haar woning wil verkoop. Dit is ’n losstaande eiendom wat Bou self in drie eenhede omskep het wat sy dan uitverhuur vir bykomende inkomste. Die eiendom is in Wierda Park in Pretoria en Bou wil dit verkoop omdat sy na die kus toe wil trek. 

 

Is dit ’n groter uitdaging om ’n eiendom wat drie eenhede het op te knap?

Enige eiendom met meer as een eenheid is ’n aanwins aangesien iets soos ’n tuinwoonstel verhuur kan word. Wat hierdie eiendom uniek maak, is dat daar drie eenhede is. Dus kan ’n familie in die hoofhuis woon en die ander twee eenhede kan verhuur word. Nog ’n opsie is vir die kopers om in die hoofhuis te woon, ouma en oupa in een van die eenhede en die ander eenheid kan verhuur word. Die eiendom kan ook as ’n belegging gekoop word en die huurinkomste sal heel moontlik die verband dek. Hierdie is alles faktores wat dit baie opwindend maak vir REALty om dit te verkoop. 

 

Wat is die nuwe neigings wat julle in hierdie projek gebruik het?

Verf maak altyd ’n groot verskil. Ons het met ’n ander kleurpalet gegaan aangesien ons die spasie meer karakter wou gee. Ons het by neutrale kleure teen die mure gebly en blou as aksentkleur gebruik om die spasie meer lewe te gee. Die blou is egter ingebring deur die meubels wat maklik verander kan word indien die koper nie van blou hou nie. Ons het ook blindings gebruik om meer natuurlike lig van buite in te bring en om die spasie meer modern te laat lyk. 

 

Hoe kan kykers enige van hierdie wenke in hulle eie huise toepas? 

Bly neutraal. Bly weg van helder kleure aangesien dit nie in almal se smaak is nie. Bring aksentkleure in deur dekor soos met byvoorbeeld kussings en kuns en hou groot meubelstukke ook neutraal. Dit is beslis goedkoper om die aksentkleur te verander. 

 

 

Stroom die reeks Vat jou goed en trek op Vrydae om 17:30 op kykNET op die DStv-app. Jy kan ook jou mening gee oor die program aanlyn, gebruik die hutsmerk #VatJouGoed.