Logo
Ladies Launch Mobile BB RHOWL
web uni tv guide

Die Real Housewives van die Wynlande

144Realiteit16 L

Wat gaan by die reünie gebeur? – Die Real Housewives van die Wynlande

Nuus
13 Julie 2023
Na twaalf dramatiese en aksie-belaaide episodes, het die tyd aangebreek vir die eerste reünie-episode.
RHOWL Group Photo with Armand

Ons het eksklusief met die ses dames gepraat oor wat moontlik kan verwag nie, alhoewel mens nooit verseker kan weet met dié dinamiese vrouens nie. 

Mariska Thorpe

Wat dink jy gaan vandag moontlik gebeur – waarna sien jy uit?

Ek glo die dag sal goed verloop, en ek sien uit om te hoor wat almal se ervaring is tot dusvêr. 

Hoe voel jy oor hoe jy gesien word in die program?

Ek was 100% myself van begin tot einde, so glo dis wat kykers kon sien en hopelik kon hul darem lekker saam lag, my sarkasme was dalk nie vir almal nie, maar als is gesê met ‘n goeie hart.

Is daar enige onwaarhede wat jy vandag uit die weg wil ruim?

Baie belangrik wat ons, die vrouens en die kykers moet onthou is dat hierdie ‘n realiteit-program is met baie editing, dis nie ‘n dokumentêr nie. So ja, soms is my woorde buite konteks gebruik of net gedeeltes wat verkeerd geïnterpreteer kon word. Maar dis als deel van ‘n storielyn wat geskep word deur briljante regisseurs om kykers te vermaak. 

Hoe voel jy daaroor om vandag weer almal te sien?

Ek sien uit om van die dames te sien. 

Dink jy iemand gaan moontlik “vir jou kom” vandag tydens die reünie?

Ek glo nie so nie, die vrouens wat my aangevat het en sleg gepraat het van my het dit nooit in my gesig gedoen nie, maar baie te sê gehad op die diary cams, so ek neem aan vandag sal dieselfde wees.

Wat was jou gunsteling oomblik gewees om op die tv te sien?

Die finale event, om al die vroue te sien glinster op die verhoog. 

Watter snaakse oomblik het jy die meeste oor gelag toe jy die reeks op TV gekyk het? 

Daar was baie snaakse oomblikke, ek het baie gelag vir Anita se sêgoed in haar diary cams, dis jammer sy het nooit daardie kant van haarself gewys tydens verfilming en van kamera af nie. 

Hoe het jou lewe verander van voor die reeks af tot na die reeks toe? 

Behalwe vir ons seuntjie ryker het die vroue soos Amy en Candice my geïnspireer om altyd meer te doen en aan te hou droom.

Kyk dié video om te sien hoe Amy Kleinhans-Curd, Candice Bester en Anita Lloyd oor die reünie voel: 

Karen Schwendtke

Wat dink jy gaan vandag moontlik gebeur, waarna sien jy uit?

Ek dink ons gaan soos prinsesse voel, en ek sien verskriklik uit na die geleentheid waar ons almal kan sit en ons opinie spreek, almal saam kan praat en kan sê wat ons nooit kon gesê het nie. En om weer al die vrouens te sien, dit sal vir my baie nice wees.

Hoe voel jy oor hoe jy gesien word in die program?

Ek voel heel gemaklik in my skoene en in my vel, ek weet daar is baie stukke en dele wat gesny moes word as gevolg van die lengte van die episodes wat wel uitgesaai word, so ek verstaan daardie gedeelte. 

So partykeer was ek bietjie uitgebeeld as ’n bietjie van ‘n kwaai-tipe mens, maar ja. Ek dink ons sal vanaand net al daai goed by die reünie mooi kan uitsorteer jy weet. Ek hoop dit sal alles in plek val en ook dat die kykers sal verstaan dat net sekere clips, sekere goed gewys kan word. Ek dink dit hang van ons vrouens af om te bewys wie ons regtig is en ek dink die reünie is ’n gulde geleentheid om dit te kan doen. Daar is geen onwaarhede wat ek uit die weg wil ruim nie. Ek is ’n straight shooter. Ek voel verskriklik opgewonde om almal weer te sien, ek moet sê it’s been awhile. Ek is in kontak met van hulle maar dis oor voice notes en so, ons het nog nie mekaar weer gesien nie.

Dink jy iemand gaan vir jou kom vandag tydens die reünie?

Ja, ek dink Anita Lloyd is ’n goeie kandidaat vir daai ene, sy kom gewoonlik vir almal, maar ek glo en vertrou dat die persoon wat die vrae vra en die conversation, ekskuus vir die Engels wat hier deurkom, dit sal beheer en in toom sal hou.

Wat was jou gunsteling oomblik gewees om op die tv te sien?

 Daar was so baie, dis eintlik ’n baie onregverdige vraag, want ek het so baie van die events en die goeters  geniet. My gunsteling oomblik op TV was om te sien hoe Anita nie kan sup nie (stand up paddle), en daar dryf sy die see in. “Help, help, help.”

Watter snaakse oomblik het jy die meeste oor gelag toe jy die reeks op TV gekyk het?

Dit is ’n baie moeilike ene want ek lag altyd vir alles. Ek hou daarvan om te glimlag, ek hou daarvan om te lag. Ek dink ’n oomblik wat vir my snaaks was, was in episode twee  toe my hele voetsool onder my skoen los getrek het, gelukkig was een van die produksie-spanlede baie, baie goed gewees vir my en hy het vir my, my Cinderella-skoentjie sommer met ’n glue gun vasgesit. Dit het ek oor nogal gelag. Okay, mens sien dit nie op TV nie maar ek dink, ek het baie gelag vir elkeen se grappe, as dit ’n valid grap was en nie sommer net om  in die kollig te wees, iets te sê net om iets te sê en wil belangrik te wil wees nie. 

Hoe het jou lewe verander van voor die reeks af tot na die reeks toe?

My lewe het verander in die sin van ek het baie agter geraak met van my werk, maar dit is gelukkig opgevang al, en daar is darem geen kwaai kliënte of iemand wat kwaad of vies is vir my nie, en my lewe het verander in die sin van dat ek so blootgestel was aan mense wat ek glad nie ken nie, behalwe Amy, en sien watse tipe mense hulle is. Mens raak so vasgevang in jou werk, ek meen ek bly hier in ’n estate met hoeveel vriende, hulle almal nooi my oor vir dit of vir dat en dis so min wat ek dit ooit maak. ’n Mens leef by mekaar verby, en ek het ook geleer om geduldiger te wees met mense wat tipiese persoonlikhede het, wat nogal my kan irriteer, so ek het geduld geleer. My lewe het verander in die sin dat ek is ’n baie rustiger mens as wat ek gewoonlik was. Ek sou altyd weer nou moet ’n ding gedoen word en hy moet reg wees en hy moet so en so gedoen word, so ek het ja, ek weet nie hoe dit my aangeraak het nie maar ek is heel rustig na die reeks. Maar voor dit het ek altyd ge-worry oor als wat gedoen moet word en al daai goedjies. En ek hou van al die nuwe, die platform wat julle vir ons geskep het sodat ons ons naam kan gebruik daar buite ten goede vir watookal ons aanpak.

En Die Real Housewives van die Wynlande kan hoog hou en aangaan waarmee ons besig is en nie net “woep okay” nou is seisoen een verby, “nobody is going to hear from us again, nee, nee, nee, nee.” Ek dink almal gaan van ons almal hoor en ons sal mekaar ondersteun daarin.

Michelle van Zyl: 

Wat dink jy gaan vandag moontlik gebeur – waarna sien jy uit?

Daar is nie veel wat ek van die reünie verwag nie. Ek dink, vir my, die ding waarna ek die meeste uitsien, is om net die vrouens weer te sien, te hoor hoe dit met hulle gaan , wat het hulle gedoen na ons mekaar so lank terug gesien het, hoe het dit vir hulle gevoel om op TV te wees, want ek weet hoe voel dit vir my. So daar was maar meer ʼn rustigheid in my, ook dan daar is niemand vir wie ek kwaad was nie. Dan dink ek ook dinge is gesê in tye wat jy nie altyd bedoel het nie. 

Daar is ʼn paar dinge wat deur die dames gesê was, wat baie seer gemaak het. Verskriklik seer gemaak het en die manier van handel wat my baie seer gemaak het en ek wil nie noodwendig vir hulle daaroor uitvra om konflik te ontlont nie. Ek wil veel eerder, as ons soontoe gaan, dat ek kan sê, “weet jy wat, dit het my regtig seer gemaak” – hoe het jy dit bedoel? Vat ek dit verkeerd op? Bedoel jy om jou ore toe te druk? Is dit vir jou so erg as ek praat? Hoekom het jy gevoel ek het net soppy stories, maar jy vertel baie van jou hartseer en jy sing daaroor, maar ek het nooit my vingers in my ore gedruk nie? So ons sal kyk of daardie geleentheid gebied word. Ek dink nie iemand kom vir my nie, maar moontlik daardie persoon is kwaad vir my en ek weet nie waarom nie, so hopelik kan ons klarigheid daaroor kry. 

Watter snaakse oomblik het jy die meeste oor gelag toe jy die reeks op TV gekyk het?

Die snaakste oomblikke vir my tydens die reeks was die trip Hoedspruit toe, waar ons almal buite onsself gelag het, waar Karen vir Anita gaan hare koop het in Pep en hoe warm dit vir almal was en almal so totaal en al oor dit was om te travel. Ons het eintlik nie eens so ver ge-travel nie. Nog ʼn ander snaakse ding vir my was die Burlesque. Die vrouens het regtig soos seekatte gelyk, net Candice het mooi gedans. 

Wat was jou gunsteling oomblik gewees om op die tv te sien?

Enigma was vreemd.  Haai shame, arme Casino Royale was seker lekker. Die TikTok was heerlik. Maar dinge wat regtig uitgestaan het was die dag toe ons met Amy se yacht gery het – dit was ʼn groot lekkerte en was so iets wat ek geniet het. 

Hoe het jou lewe verander van voor die reeks af tot na die reeks toe?

Ek dink mense gaan net bietjie meer bekend wees. Ek het bietjie groter geword. Geleer om goed nie so persoonlik te vat nie. Om “ja” te sê vir elke liewe geleentheid wat jy kry – doen dit net. Dit draai soms in die funny nice-ste storie uit. You never know how life changes

Skakel in vir Die Real Housewives van die Wynlande reünie-episodes wat op 13 Julie en 20 Julie 2023 om 20:00 op kykNET, kanaal 144 met Armand Aucamp as die aanbieder. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #RHOWL te gebruik.