Logo

kykNET Storiefilm Bankvas vra: hoe ver sal jy gaan om jou kind te red?

Nuus
28 Julie 2023
Vind meer uit oor dié splinternuwe Storiefim!
Bankvas

Dit is enige ouer se nagmerrie. Jou kind het jou nodig en jy voel magteloos om te help. Hetsy dit is dat die kind die nodig mediese sorg nodig het, of jou nodig het om hulle te beskerm. Wat sal jy alles doen om jou kind te help?

Dít is die storielyn van die aksiebelaaide TV-fliek Bankvas wat op 5 Augustus sy première op kykNET (DStv-kanaal 144) het. Die hoofrolle in Bankvas word gespeel deur Robyn Rossouw (The Fix, Swartwater, Sara se geheim), Dillan Park (7de Laan, Spoorloos 2), Gustav Gerdener (Getroud met rugby, Projek Dina), Esmeralda Bihl (Hartklop, Binnelanders), Augusta Zietsman (Dinge van ’n kind, Blood and Water) en Ayden Croy (Arendsvlei, Lioness).



Wanneer ’n verpleegster haar kind in die motor los om vinnig by ’n bank geld te gaan trek, stap sy in ’n gewapende rooftog in. Haar kind is nog in die motor en sy sal enigiets doen om hom te beskerm, maar wat as een van die rowers doen wat hulle doen omdat hulle nie anders kan nie? Is daar ’n reg en ’n verkeerd wanneer dit by die welsyn van jou kinders kom?

Die regisseur is Regardt Visser en die draaiboek, wat op ’n storie van Frederick Louw gegrond is, is deur Marvin-lee Beukes geskryf.

Bankvas, wat Regardt se debuut as regisseur van ’n vollengte film is, is binne nege dae in Johannesburg verfilm,” sê die kreatiewe vervaardiger Philip Nolte. “Ek glo kykers gaan bankvas sit vir hierdie aksiebelaaide drama.”

Bankvas word op 5 Augustus om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en sal ook op Catch Up beskikbaar wees.