Logo
Ladies Launch Mobile BB RHOWL
web uni tv guide

Die Real Housewives van die Wynlande

144Realiteit16 L

Jou gunsteling Anita-sêgoed van “Die Real Housewives” in ‘n neutedop – Die Real Housewives van die Wynlande

Nuus
27 Julie 2023
As jy ‘n aanhanger van Anita van “Die Real Housewives” is; sal jy beslis hierdie geniet!
Anita Lloyd

Sy het ons vanaf episode een vasgenael gehad aan die televisie met haar koddige sêgoed. Jy weet presies waar jy staan met  Anita Lloyd op enige gegewe oomblik: As sy verveeld is, dan het sy gebieg daaroor. As sy nie gehou het van iets (soos Amy se wyn in die eerste episode), het sy gepraat daaroor.

Kykers het vertel dat hulle lê soos hulle lag vir Anita se sêgoed. Op kykNET se sosiale media platforms het kommentaar van kykers gelees: “Ons het meer van haar nodig” en “ek het so lekker gelag vir die episode en sien uit vir die volgendes!”

Oor die 12 weke, het kykers dit duidelik gemaak dat Anita een van hulle gunstelinge is: ‘n Bietjie Anita is beslis nie genoeg nie!

Anita was bekend as iemand wat jou soms omkant gevang het. Sy het gehou van skerts. Sy het byvoorbeeld toe die dames haar vra – tydens hul vakansie – wat hulle vir haar as geskenk kan koop, geantwoord sy soek ‘n “voodoo doll”.

Sy het ook openlik gepraat oor geld en die rol daarvan in ons lewe. Sy het byvoorbeeld genoem “Geld kalmeer enigiemand!”

Anita is ook iemand wat soms haar hart op haar mou gedra het. Daar was byvoorbeeld die oomblik in Mauritius toe Anita vertel het van haar ouers se heengaan, en hoe sy toe haar pleegouers self gekies het.

Dan was daar ‘n oomblik by Candice se huis, waar sy gevoel het dat Candice nie haar teleurstelling in Amy verstaan nie, en eerder dit bekendmaak dat sy lojaal aan Amy wil wees.

In episode 14, toe Armand Aucamp vir haar sê “Anita ons het jou leer ken as iemand wat nie liggeraak is nie”, het sy geantwoord: "O regtig? Elkeen het 'n hartjie." 

In dieselfde episode, toe Amy noem dat Anita as streng voorkom, het Anita gebieg: “Dit is ek, ek hou daarvan. That I am.” 

Die skreeusnaakse geselsies wat eintlik beskou kan word as “girls talk” was ook ‘n oop boek vir Anita. Dit was prettig toe sy vertel waarom sy vir Amy gesê het om haar “panty” uit te trek tydens hulle mode-geleentheid.

En wie onthou die oomblik by Anita se huis toe sy skielik vir die dames gesê het sy is moeg, hulle moet nou loop?

Ons het heelwat sêgoed uit Anita se mond vir jou bymekaar gemaak – net vir nostalgie. Hier is dit:

Oor swetswoorde:

Wanneer sy vir een van haar vriendinne gas wil gee…

Oor dinge wat ‘n sekere manier gedoen moet word:

Anita sê baie keer goed wat “relatable” is, en wat jou laat voel dis eintlik wat jy sou se as jy ook daar was. Soms is dit alledaagse sêgoed.

Wanneer sy Fransmanne namaak is dit skreeusnaaks

Dan is daar tye waar sy haar vriendinne wil ophef…

Vir meer hoogtepunte van Anita of enige van die ander dames, besoek kykNET.tv. Jy kan ook episodes van dié realiteitsreeks stroom op die DStv-app.