Logo
Ladies Launch Mobile BB RHOWL
web uni tv guide

Die Real Housewives van die Wynlande

144Realiteit16 L

Die beste "one-liners" tydens die eerste episode van "Die Real Housewives van die Wynlande"

Nuus
24 April 2023
Dié sê-goed ons laat lag en ook soms so geskok dat ons amper verstik het aan ons wyn!
Jinne dolla Article Image RHOWL

As daar een ding is wat ons geleer het tydens die eerste episode van Die Real Housewives van die Wynlande is dit beslis dat Amy, Candice, Mariska, Michelle, Karen en Anita nie skaam en teruggetrokke is nie én dat hulle daarvan hou om ‘n ding te sê presies soos wat dit is.

Hier volg slegs ‘n paar oomblikke waar ons eerste reaksie was: “Het ek nou reg gehoor?”

  •  Ek spot en sê ek is fancy in Franschhoek.

  •  Waar sal my hulp vandaan kom?

  • When I die one day I don’t want to go to heaven, I want to go to Franschhoek.

  • Die Wynlande is bietjie complicated, hoor…

  •  Jy is mos ’n inkommer?
  • My man moes ‘n Afrikaanse sanger geword het.
  • Dit voel ‘n bietjie soos ‘n hoërskool-reünie – nie myne nie.

  • Ek het nie besef ek is hier vir ‘n interview nie.
  • Jy is vir my meer ‘n fairy.
  • Ek hou nie van ‘n frons nie – aan enige iemand nie.
  • Dit is ‘n boom chakalaka-storie.
  • Hulle het hier met ‘n hoër intelligensie wese te doen.

  • Jy kan vinnig sien of die rok die vrou dra en of die vrou die rok dra.
  • Die pienk ontploffing het toe ‘n stem.

  • Jinne, Dolla?

Skakel in vir die tweede episode van Die Real Housewives van die Wynlande om te sien hoe Karen se divorce party verloop. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #RHOWL te gebruik.