Logo

Bekroonde Barakat is Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir 2022 Oscars®

Nuus
08 November 2021
Die Nasionale Rolprent-en-video-stigting (NFVF) het die multi-bekroonde Multichoice film Barakat gekies as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir Beste Internasionale Film by die 94ste Oscars® in 2022.
BARAKAT oscars

Amy Jetha sal die vierde vroulike regisseur wees wie se film in aanmerking kom vir die Oscars deur Suid-Afrika, en die eerste vrou van kleur.

Barakat volg die Moslem weduwee Aisha Davids soos sy probeer om haar gebroke familie te herenig tydens Eid-al-Fitr, en die nuus breek van haar nuwe romanse.

Die Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTA) benoemde, Vinette Ebrahim (Skemerdans), vertolk die rol van die matriarg, terwyl haar vier seuns, wie steeds sukkel om die afsterwe van hul pa twee jaar gelede te verwerk, gespeel word deur Joey Rasdien (Material), Mortimer Williams (Erfsondes), Keeno-Lee Hector (The Riviera) en Danny Ross (Number 37).

Die res van die rolverdeling sluit in SAFTA-wenners Quanita Adams (Forgiveness) en June van Merch (Sara se Geheim), asook SAFTA-benoemdes Bonnie Mbuli (Noughts & Crosses, Catch a Fire) en Leslie Fong (Isidingo).

Barakat is in Afrikaaps, die Kaapse dialek van Afrikaans, wat wyd deur inwoners van die Kaapse Vlakte gepraat word. Vroeër vanjaar is die aankondiging gemaak van die eerste Kaaps woordeboek wat tans in ontwikkeling is.  

“Ek is so trots op ons klein storie oor ’n familie wat so baie mense bereik het,” sê Amy, die 2019 Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar vir teater, wie ook Suid-Afrika se amptelike 2018 Golden Globes inskrywing vir Buitelandse Film, Ellen: The Story of Ellen Pakkie, geskryf het. “Om erkenning op hierdie wyse van Suid-Afrika te kry, is baie spesiaal na ’n ongelooflike uitdagende jaar vir ons filmbedryf.”

Amy het Barakat geskryf saam met die vervaardiger, Ephraim Gordon, wie mede-stigterslid is van die produksiemaatskappye, PapperJet Films en Nagvlug Films, met haar. Hulle is ook mede-regisseurs van die bekroonde Showmax neo-noir moordreeks Skemerdans wat uitspeel op die Kaapse Vlakte.

“Hierdie was ’n totale onverwagse keuringskeuse, maar dit bewys dat almal se harde werk op hierdie projek die moeite werd was,” sê Ephraim. “Hierdie film was ’n seëning van die begin en is nogsteeds. Dit is ons barakat.

Barakat was vrygestel by die Suid-Afrikaanse loket in Mei 2021 en op BoxOffice by DStv in Junie 2021 met New Frame wat dit loof as ’n “gelaaide, intieme en oneindige menslike storie oor ’n familie wat ’n sterk teenkanting-narratief van Moslem-stereotipes bied” en Rapport se Leon van Nierop prys dit as ’n “juweel wat skyn in sy menslikheid.”

Dié aangrypende film, wat Film Africa 2020 gesluit het, het al sover sewe internasionale toekenings ingepalm insluitende Beste Internasionale Rolpent by die 2021 Idyllwild Internasionale Fees van Rolprente en Beste Narratiewe Rolprent by beide die Motion Pictures Internasionale Rolprent-fees en The Reel Sisters of The Dispora-fees in 2020.

“Amy en Ephraim het hul debuut by Suid-Afrika se 2017 kykNET Silwerskermfees gemaak met hul MultiChoice kortfilm Soldaat (Soldier), waar dit Beste Draaiboek en Beste Kortfilm gewen het,” sê Yolisa Phahle, CEO: General Entertainment & Connected Video, by MultiChoice Group. “Ons is verheug om te sien hoe hulle van krag tot krag gaan op MultiChoice-projekte, van ’n geliefde Showmax-reeks tot Oscars® aanspraakmakers.”

Nominasies vir die 94ste Oscars® toekennings sal op 8 Februarie 2022 aangekondig word, met die Oscars® seremonie wat op Sondag 27 Maart 2022 plaasvind. Suid-Afrika het die Buitelandse Rolprent-kategorie in 2015 gewen met Gavin Hood se Tsotsi, na ’n 2004 nominasie vir Darrell Roodt se Yesterday. Oliver Schmitz se Life, Above All was op die kortlys in 2010, asook John Trengrove se The Wound in 2017.

Barakat was ontwikkel in samewerking met kykNET, ’n MultiChoice kanaal, en met befondsing in samewerking met die Department van Handel en Industrie (dtic), die NFVF, The Industrial Development Corporation (IDC) en Indigenous Film Distribution, die film se verspreider in Suid-Afrika.

Kyk Barakat hier nou of kyk dit 18 Desember 2021 om 20:00 op kykNET.