web uni tv guide
web uni tv guide

Koppieteefontein

144RealiteitPG13

Bekendes maak hul harte oop teenoor Jak de Priester in "KoppieTeeFontein"

Nuus29 September 2025
"Koppieteefontein" keer terug vir 'n nuwe seisoen.
Koppieteefontein S8 Article Image

Jak de Priester is terug met ’n nuwe seisoen van KoppieTeeFontein vanaf Dinsdag 7 Oktober om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Hierdie geliefde geselsprogram nooi weer van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars om oor ’n koppie tee saam met Jak te gesels.

’n Vars formaat vir onvergeetlike oomblikke

Die nuwe seisoen bring spontane, eerlike en dikwels humoristiese gesprekke. Gaste kies blindelings foto’s wat hulle herinner aan mylpale en stories oproep, terwyl Jak sorg dat elke episode begin en eindig met ’n foto wat simbolies is vir die volsirkel van hul loopbaan. Dit maak vir gesprekke wat net so opreg as inspirerend is.

Van die gaste wat jy dié seisoen in KoppieTeeFontein sal sien:

  • Bok van Blerk – Afrikaanse musieklegende en geliefde akteur. ’n Kuier vol musiekherinneringe en nuwe perspektiewe.
  • Eloise Cupido – veeltalige en veelsydige kunstenaar. ’n Inspirasie en rolmodel wat haar merkwaardige reis deel.
  • Jannie du Toit – ’n storieverteller en ikoon van Afrikaanse musiek sorg vir nostalgie en inspirasie.
  • Shimmy Isaacs – aktrise, komediant en storieverteller met ’n unieke stem. ’n Gesprek vol skerp humor en rou eerlikheid.
  • Tobie Cronjé – geliefde teater- en televisiester met dekades se stories en onvergeetlike karakters.
  • Rina Hugo – ’n geliefde sangeres deel haar roerende lewensverhaal.

Kom kuier saam, sit terug met ’n koppie tee, en ontdek die mense agter die musiek en stories.

KoppieTeeFontein – elke Dinsdag vanaf 7 Oktober om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.