
Wat is jou beroep?
Ek is ’n voltydse sjef by ’n restaurant.
Hoekom het jy vir Kokkedoor Vuur & Vlam ingeskryf?
Ek het ingeskryf om te sien hoe goed ek kan doen en uit te vind of ek dit in my het om die groot prys te wen. Ek het gehoop dat my tipe styl van kosmaak en die feit dat ek amper elke dag met vuur werk, iets anders na die kompetisie sal bring. Ek wou myself uitdaag en in die proses ook meer leer.
Hoe sal jy jouself beskryf?
Ek is hardwerkend. Ek gee om vir ander mense en hul gevoelens en is passievol oor alles wat ek doen – veral as dit kom by kos. Ek kan soms te hard wees op myself, en dit kan negatief voorkom vir ander mense. Ek is nie bang om ’n risiko te vat nie.
Iets interessants oor jou?
Voordat ek gaan leer het vir ’n sjef was ek lank in die boubedryf. Ek het baie van dit by my pa geleer. Ek het al ’n marathon gehardloop en ’n Kaapstad-fietstoer (die ou Argus) voltooi, waarop ek trots is. Maar ek sal sê ek is die trotsste op my sjefdiploma wat ek 6 jaar gelede voltooi het.
Wat is jou lewensmotto?
Vergeet van gister, en begin die nuwe dag met ’n glimlag. Geniet die lewe!
Wat het jy van jouself tydens jou deelname aan Kokkedoor Vuur & Vlam geleer?
Hoe om mense te vertrou wat jy nie ken nie, en te weet dis oukei om nie alles self te doen nie.
Jou nommereen-braaiwenk?
Begin jou vuur met genoeg hout vir wat jy beplan om te braai sodat jy nie flou kole het voordat jou vleis gaar is nie.