Logo

Amptelike lokprent – Die vegan en die jagter

Video
28 Januarie

'n Vegan en ’n jagter gaan op ’n date. Tshidi is ’n bekroonde kunstenaar en Jan is ’n PH – afkorting vir "professional hunter". Tshidi weet nie wat ’n PH is nie en sy is te skaam om te vra, maar die Tinder date verloop lekker en hulle bestel ’n Uber. Hulle arriveer by Jan se Stellenbosch-huis. Die ligte word aangeskakel en ’n muur vol jagtrofeë word onthul. Is dit ’n droom of is dit ’n nagmerrie?