Logo

Oosterse eier-gebraaide rys

02 April

4 persone

426071

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

Oosterse eier gerbaaide rys01
Bestanddele

Olie vir braai

1/2 Ui gekap

1 kop Kool gekerf

1/2 Rooirissie in repies gesny

1 pakkie Spek (opsioneel)

4 koppies Koue rys

1 eetlepel Sesamesaad olie

3 eetlepels Soja-sous

4 Eiers geklop

1 hand Vars Koljander

Metode

Braai die uie, kool, rooirissie en spek saam oor ’n hoë hitte tot geurig en gaar - so 8 minute.

Voeg dan die rys by en roer goed deur.

Voeg die sesamesaad olie en soja-sous saam en meng goed.

Roer die eiers deur en haal dan van die hitte af. Die oortollige hitte maak die eier gaar.

Bedien met koljander. (ook lekker met oorskiet gammon of hoender)

Gewildste Resepte