Logo

Murgpampoentjie-en-eierslaai met lensies

21 November

Slaai

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 2. Foto: Heleen Meyer

Die-Groot-Ontbyt
Bestanddele

6 - 8 groot murgpampoentjies

1 repie suurlemoenskil

125 ml bevrore ertjies afgespoel

30 ml olyf- of avokado-olie

1,2 ml sout

suurlemoensap

swartpeper na smaak

3 - 4 groot Nulaid eiers

410 g bruin lensies gedreineer

groot handvol vars slaaiblare

handvol vars basiliekruidblare

handvol vars kruisement

ricotta- of fetakaas gekrummel

Metode

1. Gebruik ’n groenteskiller om lang, dun repies murgpampoentjie te sny. Halveer dan die repies in die lengte om dunner repies te maak (soos noedels).

2. Verhit 250-500 ml water in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Voeg murgpampoentjies en suurlemoenskil by en prut met die deksel vir 3 minute of tot net gaar. Voeg die ertjies by en prut 1 minuut.

3. Dreineer deeglik en sit terug in die kastrol. Roer die olie by en geur met sout, suurlemoensap en peper. Laat afkoel.

4. Berei intussen die eiers. Klits een eier met 15 ml water en geur met ’n knippie sout en peper.

Verhit ‘n lagie olie oor matige hitte in ’n 20 cm pan (gebruik ’n AMC 24 cm Chef’s Pan) en bak ’n dun omelet tot net bo-op gestol.

5. Draai om en bak vir ’n minuut aan die ander kant – amper soos wat jy ’n pannekoek sal bak. Skep uit en herhaal met die orige eiers.

6. Laat omelette afkoel en sny in die helfte en dan in dun repies.

7. Meng die groente, repies eier, lensies en slaai- en kruieblare in ’n slaaibak. Krummel kaas oor en geniet as ’n bygereg, ligte ete of pak in ’n kosblik as vegetariese maaltyd.

 

Groot Ontbyt_Spinasiegereg met bone
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-11-14

Spinasie-gereg met bone

Gewildste Resepte