Logo

Kokosneut-sop met groente en stokvis – Tiaan proe

21 Junie

Probeer gerus een van Tiaan Langenegger se werks-etes – soos gesien in ’n episode van Tiaan proe.

Tiaan proe
Bestanddele

1 medium ui gekap

1 medium ui gekap

1 stuk sitroengras

1 stuk sitroengras

1 groot stuk gemmer

1 groot stuk gemmer

1 klein rissie na smaak

1 klein rissie na smaak

knoffel na smaak

knoffel na smaak

1 handvol koljander

1 handvol koljander

3 sprietuie

3 sprietuie

olie

olie

sout na smaak

sout na smaak

peper na smaak

peper na smaak

lemmetjie na smaak

lemmetjie na smaak

1 blikkie kokosneutmelk

1 blikkie kokosneutmelk

1 pak spanasie

1 pak spanasie

2 porsies stokvis wat in die yskas ontdooi is

2 porsies stokvis wat in die yskas ontdooi is

Metode
  1. Begin deur die uie te braai, voeg die suurlemon-gras by en braai goed.
     
  2. Maak ’n kerrie-pasta deur die gemmer, knoffel, koljander, rissie en sprietuie saam te verwerk met bietjie olie en geur dan met sout en peper.
     
  3. Braai die mengsel saam met die uie.
     
  4. Gooi nou die kokosneutmelk in en geur met vars lemmetjie-skil en -sap.
     
  5. Laat dit nou effens afkook en proe om seker te maak dat die balans reg is.
     
  6. Posjeer nou die vis in die mengsel en voeg die spinasie by totdat dit vervelk.
     
  7. Bedien dadelik

Gewildste Resepte