Logo

Kaas-en-hoender-quasadilla

14 Junie

5

Probeer gerus een van Tiaan Langenegger se ‘budget’-etes – soos gesien in ’n episode van Tiaan proe.

Tiaan proe
Bestanddele

2 wraps per persoon

100 g oorskiet hoender gepluis

rissie-sous van jou keuse

100 g kaas van jou keuse, gerasper

50 g kruie van jou keuse (pietersielie werk goed)

Metode
  1. Meng die hoender, kaas, sous, en kruie goed saam.
     
  2. Smeer die mengsel op een van die ‘wraps’ en plaas dan nog een bo op.
     
  3. Verhit ’n pan op matige hitte en rooster die ‘toebroodjie’ totdat die kaas gesmelt is.
     
  4. Sny nou die quasadilla in wiggies en bedien met nog bietjie van die rissie-sous

Gewildste Resepte