Logo

Gebakte lamribbetjies

19 Januarie

4 Porsies

5

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Maritha Steyn gebakte lamribbetjies met eiervrug, tamaties, olywe en kruisement voorberei. Kry haar resep hier.

Lamsribbetjie-1
Bestanddele

rib lamsribbetjie

2 eiervrug

8 tamaties

ekstra suiwer olyfolie

8 huisies knoffel

gedroogde oreganum

seesout

peper

80 g olywe

20 g vars kruisement

2 ml suiker

30 ml rooiwyn-asyn

Metode

 

  1. Voorverhit oond teen 200 °C.
  2. Maak insnydings op die vet van die lam en plaas eenkant.
  3. Sny eiervrug in 2.5 cm skywe en halveer tamaties.
  4. Borsel eiervrug met olyfolie, braai aan beide kante vir kleur en plaas op een kant van bakplaat.
  5. Plaas tamaties, knoffel op die ander kant, langs die eiervrug, en bestooi met oregano, sout en peper.
  6. Bedrup met olyfolie en plaas lam met vet na bo langs die tamaties en eiervrug.
  7. Bak vir sowat 30 minute.
  8. Voeg olywe by tydens die laaste 5 minute.
  9. Laat rus vir 5 minute en bedien.
Die-Groot-Ontbyt-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-01-18

Tuisgemaakte Mayonnaise

Gewildste Resepte