Logo

Forel met sagte eier

09 November

2 persone

Soos gesien in 'n episode van Toegang

IMG 7102
Bestanddele

12 Groenboontjies

2 Eiers sag gekook

4 Forelfillette (90g elk)

Seesout

Swartpeper grof gemaal

3 eetlepels Druiwepitolie

1 eetlepel Botter

1 Suurlemoensap

3 eetlepels Witwyn

1 hand Vars kruie (soos waterkers / basiliekruid)

Eetbare vars blomme

Metode
  • Plaas boontjies in pan met kokende water en laat prut vir 90 sekondes tot heldergroen, verwyder van hitte en hou eenkant
  • Geur forel met sout en peper
  • Verhit olie in groot pan
  • Plaas fillette met vel na bo in pan, braai oor medium hitte vir 2 minute
  • Draai versigtig om, voeg botter en suurlemoensap by
  • Voeg boontjies by
  • Sodra vis gaar is, verdeel boontjies tussen twee borde
  • Plaas vis bo-op
  • Sny saggekookte eiers in die helfte en plaas op borde
  • Garneer met kruie en blomme
  • Gooi onmiddeliik wyn in pan waarin vis was
  • Laat borrel vir 30 sekondes oor hoë hitte
  • Drup van die bottersous oor vis en bedien onmiddellik
IMG 7109
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Lemoenskilkoekies

Gewildste Resepte