Logo

Bone-falafels met appel

Lewer 30 klein falafels

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, die resep voorgesit. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 2. Foto: Heleen Meyer

Kosblik_30 Oktober
Bestanddele

Falafels

410 g blik witbone (gedreineer)

1 JOYA® appel (grofgerasper)

10 ml suurlemoenskil (gerasperde)

15 ml suurlemoensap

10 ml komyn (gemaal)

10 ml koljander (gemaal)

15 ml koljanderblare, kruisement en Italiaanse pietersielie (elk gekap, vars)

75 ml volkoringmeel

2 Nulaid-eiers (groot, geklits)

1,2 ml sout

swartpeper (na smaak)

30 ml avokado- of olyfolie

Jogurt-doopsous

150 g jogurt (ongegeur)

2,5 - 5 ml suurlemoenskil (gerasper)

5 ml koljanderblare, kruisement en Italiaanse pietersielie (elk gekap, vars)

Metode

1. Falafels: Plaas die bone in ’n mengbak en druk met ’n aartappeldrukker of vurk fyner. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die olie, by en meng goed deur. Geur met peper en nog suurlemoensap, indien verkies. 
2. Verhit die helfte van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan (probeer ’n AMC 28 cm Chef’s Pan). Skep lepelsvol van die beslag in die pan en braai aan beide kante tot goudbruin en gaar. Herhaal met die orige olie en beslag.
3. Jogurt-doopsous: Meng al die bestanddele saam en geur met swartpeper.
4. Sit falafels voor met die jogurt-doopsous as deel van ’n ligte ete of laat afkoel en pak in kosblikke met die sous. 

Wenk
1. Die falafels is lekker in volkoringpitas of wraps met vars slaaibestanddele en die sous.

Kosblik_23 Oktober
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-10-23

Een-eier omelet

Gewildste Resepte