Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V
Nesie

Euvoniqué (“Nesie”) Griesel

vertolk deur Melissa Massyn
Euvoniqué (“Nesie”) Griesel werk as ’n kroegdame in Pottie’s. Haar droom is om eendag haar eie kroeg te besit.

Sy is van Geduld, naby Springs. Haar oupa en ouma aan haar ma se kant se name is Eugene en Yvonne, en haar ouma en oupa aan haar pa se kant Nico en Sandré. Haar naam, Euvoniqué is ’n kombinasie van al vier name. Haar oom, wat tans in die tronk is vir bedrog, het haar Japanesie genoem, wat later uiteindelik Nesie geword het. Haar ouers is Grease en Nytjie Griesel.

Sy is in ’n verhouding met die Stryders-rugbyspeler Buks Marais. *Hulle trou later in Pottie’s.