Logo
kykNET_Op_my_Eish!_S3_Brendan_Peyper_Slim_BB
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13 L

Spotify bied aan: Brendan Peyper - Omdat Jy Mag

Nuus
03 April 2024
Brendan serenade die "Op my eish!" dames in ’n spesiale episode – veral vir een van die vroue.
Brendan Peyper

Die Op my eish!-reis staan einde se kant toe. Net drie dames is oor, en Brendan Peyper sal moet kies: Rachelle, Janae of Katja. Wie gaan dit wees? 

Net nadat kykers sien op wie hy besluit het, sal daar ’n spesiale episode op kykNET uitgesaai word: Spotify bied aan, Brendan Peyper – Omdat jy mag. In hierdie bonus-episode speel Brendan sy nuwe kort-album, Omdat jy mag, akoesties vir die dames.

Teen ’n romantiese agtergrond in die bosveld bekoor Brendan die dames vir 30 minute met liedjies van dié album, wat op 5 April 2024 op Spotify vrygestel word. 

Kykers sal ook vir die eerste keer ’n liefdesliedjie hoor wat hy vir ’n deelnemer geskryf het.

Al die nuwe liedjies is Brendan se eie komposisies, en hy vertel waaroor al die snitte gaan en wat en wie sy inspirasie was.

Dié spesiale episode is moontlik gemaak deur Spotify in samewerking met Select Musiek. 

Verlede week het Brendan geworstel oor wie hy volgende huis toe moet stuur. Hy het toe uiteindelik besluit dat hy vir Jonelle moet groet.

In vandeesweek se episode ontmoet Brendan die dames se ma’s en hulle peper hom behoorlik met vrae. Die vroue word ook aan Brendan se ma voorgestel en spandeer ’n bietjie tyd met sy vriende en familie.

Skakel Donderdagaand om 20:00 in om te kyk met wie Brendan wegstap en vir watter dame hy ’n spesiale liedjie geskryf het – net op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit is ook op DStv Stream en DStv Catch Up beskikbaar. Besoek die kykNET-webwerf vir eksklusiewe programinhoud en gebruik #OpMyEish om aan die gesprek deel te neem op XInstagramTikTok en Facebook.