Logo
Arendsvlei S6
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

“Arendsvlei”-sterre vertel hoe vriendinne mekaar moet bystaan

Nuus
23 November 2023
Vind uit watter tipe vriendinne is hierdie Arendsvlei-vroue in regte lewe, asook wat hulle beste oomblikke met hulle vriendinne was.
Arendsvlei vriendinnen

Kykers het al gehoor hoe hulle gunsteling Arendsvlei-karakters vir ‘n vriend, of vriendin, gesê het “I’ve got your back” en het ook gesien hoe hulle sonder woorde mekaar bygestaan het.

kykNET se digitale span vind uit wat die akteurs in gemeen het met hulle karakters – veral as dit by vriendskap kom!

Watter tipe vriendin is jou karakter op Arendsvlei?

Melissa de Vries: Sasha is ‘n fun vriendin, baie supportive, het altyd ‘n word of encouragement en ‘n grap to top it off.

Gretchen Ramsden: Nicolene deel saam in haar vriende se pyn en glorie. In die tye van pyn gee sy raad waar sy kan. Sy hou moed en glo dat alles sal uit werk. In tye van glorie staan sy vas en celebrate saam, want sy was daar vir die pyn en dis haar plig om daar te wees vir die glorie. Sy weet dat obstacles en oorwinning albei nodig is om die lewe ‘n bietjie op te spice en moedig haar vriendinne aan om kanse te vat in die lewe.

Jolene Martin: Sy (Beatrice) is wat ons noem in urban slang ‘n “ride or die” –  jy kan op haar staatmaak en seker wees sy gaan jou beskerm. Sy weet nie rêrig hoe om net alles te vergeet om ‘n oomblik van pret te ervaar nie, maar sy geniet dit om nou en dan grappe te maak.

Crystal-Donna Roberts: Janice is daai goose wat nie nonsens vat nie. Sy is iemand wat daar is vir haar vriende, ride or die. Jy gaan nie met haar mors nie en sy is ook eerlik met haar vriendinne. As sy voel haar vriende is besig met nonsens gaan sy vir hulle sê en dis alles net uit liefde. En dis ook net omdat sy is wie sy is, sy draai nie doekies om nie.

Megan Saayman: Ayesha is 'n baie supportive vriendin wat altyd die goedheid in mense probeer sien. Maak nie saak wat hulle gedoen het nie.

Watter tipe vriendin is jy in die werklikheid?

Melissa de Vries: Ek is die tipe vriendin wat saam my vriendinne gaan celebrate as hulle goeie nuus kry en ‘n steunpilaar gaan wees in die moeilike tye. Close vriendinne raak soos familie so dis belangrik vir my dat my vriendinne veilig voel in my space en dat hulle weet hulle kan altyd op my nommer druk no matter the circumstances.

Gretchen Ramsden: Die “pyn en glorie”-reël is ‘n ding wat ek en Nicolene in common het. Ek is ook die hype woman wat my vriende vra om die godin/koningin in hulself te sien, want ek kan; en ook om die wat ons as ons grootste swakpunte sien, met ‘n ander perspektief te tackle, want divinity lê daarin.

Jolene Martin: Ek maak moeite om pret te hê, want dis ‘n goeie manier om balans te vind gedurende die erns van die lewe. Ek is die mal een in die groep. Ek geniet harde musiek en om te dans. Ek is die staatmaker en beskermend soos my karakter, maar ons verskil wanneer dit kom by ‘n good time.

Crystal-Donna Roberts: Eerstens dink ek, ek kan ’n beter vriendin wees as wat ek tans is en die rede waarom ek so sê is omdat ek geneig is om myself te onttrek en in my eie wêreld te wees. Maar ek werk daaraan, haha! Maar ek is nie iemand wat judge nie, as jy iets met my deel, sal ek luister sonder om te oordeel. En ek kan ook jou geheim hou.

Megan Saayman: In regte lewe, nes die karakter, probeer ek altyd om die goedheid in mense sien en ondersteuning te gee waar en hoe ek kan.

Wat dink jy, is die tipe vriendin wat elke vrou moet hê?

Melissa de Vries: Iemand op wie se nommer hulle kan druk, iemand wat hulle uplift en altyd moed in praat. [Ene] wat opreg en eerlik is en wat dinge doen met goeie intensies.  

Gretchen Ramsden: Vriende moet daar vir mekaar wees. In tye van pyn moet hulle lig vir mekaar kan bring, want ons kan nie net vaskyk in die pyn nie. Die lewe wil gelewe word. Glorie is eintlik ‘n inleiding tot ‘n nuwe begin, waar nuwe obstacles wag... So die celebrations van die een punt tot die ander is nodig. As vriende net daar in jou pyn is, is daar fout. As vriende net daar is in die glorie is daar fout. En as hulle nie kan bydra om jou van een punt tot die ander te bring nie, is daar groter fout. Jy moet dan jouself af vra: “Wat is die doel?”

Jolene Martin: Ons almal het ‘n vriend nodig wat weet hoe om ‘n geheim te hou. Vertroulikheid is ‘n moet.  

Crystal-Donna Roberts: Iemand wat luister sonder om net raad te wil gee. Iemand wat net luister om te luister en om te luister sonder om te oordeel. Almal het ’n plek nodig waar hulle net veilig voel. Dit is die tipe vriende wat ek self het.

Megan Saayman: 'n Betroubare vriend. Ook iemand wat nie net deel van die high moments wil wees nie, maar ook deur die lows met jou 'n pad kan/wil stap.

Vertel vir ons van ’n mooi, of snaakse, oomblik wat jy saam met ’n vriendin gehad het.

Melissa de Vries: Ek het ‘n vriendin gehad (wat nie vandag meer met ons is nie) wat ‘n haarsalon gehad het. Ek het deur ‘n challenging tyd gegaan en daardie dag besluit ek om by haar haarsalon te gaan in-pop. Sonder dat ek enige iets vir haar gesê het bied sy aan om my hare te doen en terwyl sy dit doen het sy soveel positivity oor my gespreek. Sy het my met soveel hoop gelos. Ek het skoon vergeet van die challenges en het na die lewe met ander oë gekyk. Ek het nuwe hoop gekry deur net surrounded te wees met iemand wat die beste vir my wil hê. Dis die beauty van opregte vriendinne – hulle het jou back en staan sterk vir jou wanneer jy voel jy kan nie meer nie. 

Gretchen Ramsden: Om eerlik te wees, ek en my vriendinne sien die lewe as ‘n snaakse geskenkie. So al is daar pyn, lag ons eers die probleem uit. Daar is altyd ‘n laggie betrokke en ek glo dit moet so wees. Die lewe hoef glad nie so ernstig te wees nie. Die lewe wil speel en ons speel saam. 

Jolene Martin: Ek en my beste vriendin, Nicole Brink, is al sedert hoërskool vriendinne, so ons het awesome herinneringe. Gedurende hoërskool het ons hierdie tradisie gehad om twee taxis op Vrydag ná skool te vat en op Camps Bay Beach die volleyball spelers dop te hou. 🤣 Daai was darem lekker tye! 

Crystal-Donna Roberts: Ek het baie oomblikke! Dis moeilik om een uit te sonder, want dis net so lekker om baie te lag en pret te hê.

Megan Saayman: 'n Eenvoudig-maar-mooi- oomblik vir my was toe ek en my vriende Kromrivier gaan hike het. Dit was een van daai activities that made it out of the group chat. Wat 'n drie ure moes wees, het amper ses ure geword.🤣 Maar dit was 'n breath of fresh airmet my mense.

Wat is jou gunsteling aktiwiteit om saam met jou vriendinne te doen?

Melissa de Vries: PJ days, watching movies, going on lunch dates, shopping sprees and just chilling at home talking, sharing experiences and laughter. 

Gretchen Ramsden: Die aktiwiteite wat gedoen word kan verander: Of ons gaan kuier in restaurante of in tuine, of by Stodels, maar die underlying gevoel om die aktiwiteit is eintlik wat tel. Die gevoel word omskep met die liefde tussen vriende.

Jolene Martin: In my groot vriendskap-sirkel geniet ons enige iets wat met musiek te doen het soos die Kirstenbosch-musiekkonserte. 

Ek en Nicole hou daarvan om te salsa en ons het ons eie juweliersware begin ontwerp. So, as ons saam is, is ons baie kreatief en ons doen ook baie kulturele aktiwiteite saam aangesien albei van ons kuns geswot het. Sy is my “ride or die”.

Crystal-Donna Roberts: Dit hang af wie die vriend is. Ek hou daarvan om in die park te loop, of ons sit op my balkon en drink ’n glas wyn. En dan is daar ook mense met wie ek diep dinge kan praat en die wêreld se probleme probeer oplos. En dan het ek ook vriende wat my bystaan as ek deur iets gaan. Dis lekker om vriende te hê wat jou slegte tye in goeie tye kan verander.

Megan Saayman: Ons kry nie altyd kans om mekaar te sien nie weens werk en sommige is getroud met families. Maar ons loer in by mekaar of ek sal gaan kuier wanneer ek kan.

Arendsvlei is Maandae tot Donderdae op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) om 19:30. Dié telenovela is ook beskikbaar op DStv Stream.