web uni tv guide
web uni tv guide

Op Pad Met My Potjie

144DramaPG

Beesbene-potjie en pap met geroomde mielies: Katutura – Op pad met my potjie

Nuus16 Januarie 2026
Probeer gerus dié ekonomiese gereg.
Op pad met my potjie S2 Ep 8 Article Image

Beesbene-potjie en pap met geroomde mielies

3 – 5 kg beesbene

2 groot wortels

5 medium aartappels

2 medium uie

300 g tamatiepasta

3 medium tamaties

2 knoffelhuisies, gekap

varsgemaalde wit- en swartpeper

2 eetlepels Robertson’s Steak and Chops-spesery

2 eetlepels Kapana-spesery

sout na smaak

150 ml sonneblomolie

Pap met geroomde mielies

2 koppies Top Score-mieliemeel

100 – 150 ml kondensmelk

1 blikkie geroomde mielies (sweetcorn)

250 g botter

sout na smaak

 

Metode

Maak jou vuur met hout, karton, kerswas en vuurhoutjies. Plaas die potjie oor die vuur. Sit die bene in die potjie en geur met sout, Kapana-spesery, knoffel, peper, Steak and Chops-spesery en sonneblomolie. Roer en braai die bene tot goudbruin. Dit sal ongeveer 15 minute neem.

Voeg ’n skeut water by terwyl jy jou groente voorberei. Skil die wortels, aartappels en uie. Sny die wortels en uie in ringe en die aartappel in blokkies. Voeg die wortels en aartappels by die bene en roer. Voeg die uie asook nog ’n skeut water by. Sit die potjie se deksel op en kap dan die tamaties in blokkies.

Proe die been- en groentemengsel en voeg nog speserye en water by indien nodig. Laat dit vir nog 5 minute kook.

Voeg die gekapte tamaties en tamatiepasta by, nog ’n knerts sonneblomolie en laat dit dan kook tot gaar.

 

Om die pap te maak

Verhit die water tot kookpunt in ’n aparte pot op die vuur. Wanneer die water kook, voeg die sout en helfte van die botter by en roer tot die botter gesmelt is. Voeg ’n koppie mieliemeel by en roer tot gemeng. Voeg nog twee koppies mieliemeel by. Hou aan met roer tot die pap so dik is as wat jy dit wil hê. Voeg die blikkie geroomde mielies en die res van die botter by en roer. Sit die deksel op en laat die pap vir ongeveer 2 minute stoom. Voeg kondensmelk by en kook vir nog 5 minute. Roer nog een keer deur, verwyder van hitte en bedien. 

Skakel Vrydae om 18:30 in vir splinternuwe episodes van Op pad met my potjie. Jy kan ook saam gesels op Facebook, Instagram, TikTok en X deur die hutsmerk, #OpPadMetMyPotjie te gebruik.