© Spoegwolf (PTY) LTD 2023 
Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit
Additionele Lirieke deur Albert van der Merwe
Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf
Droombrief is beskikbaar op meeste digitale platforms.
Vervaardig deur Spoegwolf
Editing deur Chris von Wielligh
Cinematography deur Hugo Brand en Frits Visser
Vergeet is deel van Droombrief.
Recorded & Performed by Spoegwolf.
Produced by Spoegwolf & Jürgen Von Wechmar.
Engineered & Mixed by Jürgen Von Wechmar.
Mastered by Tim Lengfeld.
Lyrics and Song by Danie du Toit. Music by Spoegwolf.
Rap verse by Albert van der Merwe.
Lirieke:
wys my wat jy is, wat jy is
is vir my bedoel
ek is uitgewis, uitgeblus
jy kan deur my lewe
slegte tydings 
is net seisoene
jy maak die houe 
deel van my hartklop
kan ons vanaand vergeet 
dat ons almal doodgaan?
ek wil langs jou lewe
kan ons vanaand vergeet 
dat ons almal doodgaan?
ek wil langs jou lewe
ek wil langs jou lewe
maak my lyf jou rus 
as ons rus
sal ek die geraas uithou
dra my soos jou ring
soos jou ring
ek sal aanhou klou
aanhou
slegte tydings 
is net seisoene
jy maak die houe 
deel van my hartklop
kan ons vanaand vergeet 
dat ons almal doodgaan?
ek wil langs jou lewe
kan ons vanaand vergeet 
dat ons almal doodgaan?
ek wil langs jou lewe
ek wil langs jou lewe
check one
round two
featuring Vuurwolf
terug vir die ne'ende
dis waar dat ek geseënd is, 
in die verlede was ek verlore, 
ek’t gevoel as of ek vreemd is
ek het gesukkel met die 
hartseer en die leemtes
jy’t gesorg'at al'aai donkerte vergeet is
as my redder kom jy aan, jy bring’ie teengif
jou teenwoordigheid voel ek in my gebeentes
lig ve'teer al'ie dinge wat koud en wreed is
in 'n wêreld so vol van dit wat verkeerd is
hou die salf vir die 
plekke waar ek beseerd is 
vat my hand en ons sweer’it voor die gemeente
ken my hart en die dinge wat ek beleef het
raak my siel, dis ’’n teken dat ek gereed is
ringomvinger, jy’s sekerlik my vir ewig
'n goue stem, nog mooier as my verbeelding
woorde wat 
skit-te-rend sing en vir my weer heel bring
seël my krake met blommetjies wat gekleurd is