© Spoegwolf (PTY) LTD 2023 
Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit
Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf
Die nuwe album, Lente, beskikbaar op alle digitale platforms. 
Vervaardig deur Spoegwolf 
DOP: Damiane van Reenen 
Editing: Damiane van Reenen 
Colorist: Jarryd du Toit 
Spoegwolf is 
Danie du Toit 
Chris von Wielligh 
Albert van der Merwe 
Moskou du Toit 
Cloetesville: 
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit. 
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
Lyrics:
daar's 'n vuur in Cloetesville
jy hou ons baba styf en stil
onder in die agtertuin staan 'n engel nog in pyn 
na die vloed, na die val
ons drink bier van melk en roet
en praat oor dinge wat ons pla
hou net stil die wilde pyn 
soos 'n hengel-haak in my 
na die vloed, na die val
jy sê dis nou moeilik
ek kan voel jy's wakker
dis als stadig
maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms
daar's 'n stilte in jou kyk
iets wat agter in my bly
weg van al die vrees en bloed
en die stories wat my sny 
na die vloed, na die val
dis my tweede rondte hier
en al daai fokkers hang nog rond
jy is die gekraakte ruit tussen my 
en al die skyn van hul donker son
jy sê dis nou moeilik
ek kan voel jy's wakker
dis als stadig
maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms
jy sê dis nou moeilik
ek kan voel jy's wakker
dis als stadig
maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms
daar’s ’n vuur in Cloetesville